Ses kinders dood toe weerlig skool tref

Argieffoto

Ten minste ses skoolkinders is dood en 25 ander beseer toe weerlig Woensdag ʼn laerskool in Tanzanië se noordwesstreek Geita getref het.

Yese Kanyuma, Geita se streekskoördineerder van onderwys, het gesê weerlig het die oggend by die Emaco Vision Primary School geslaan en ses kinders op slag gedood.

Ouers het volgens Kanyuma kort ná die voorval by die skool saamgedrom om hul kinders te identifiseer.

Die skool het altesaam 589 leerders.

Josephat Maganga, waarnemende streekskommissaris van Geita, het gesê dit het gereën en daar was ʼn donderstorm toe die weerlig die skool getref het.

“Die weerlig het deur die dak van twee klaskamers wat deur standerd twee- en drie- leerders gebruik word geskeur. Ses kinders is dood,” het Maganga gesê.

In April 2015 is ses leerders en hul onderwyser dood toe weerlig die Kibirizi Primary School in die Tanganyika-meer-streek van Kigoma getref het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Ons Regering is Uitstekend ·

Hoekom gebruik hulle tenders wat nie hulle job kan doen nie. waar is die weerlig af leiers.

JoeV ·

Die ding wat weerlig keer sal nog uitgevind word, dit bestaan nog nie. Werk met kommunikasie torings en daar is niks wat dit keer nie!
Wat dit wel doen is om te verhoed dat ‘n potensiaal verskil opbou wat die kanse minder maak, maar as daar ‘n struktuur of boom naby is wat nie dieselfde potesiaal het nie, dan spring die statiese elektrisiteit eenvoudig daarheen, en weerlig vat die pad met minste weerstand, as jou toestel goed geaard is, wel….. dit is die kortste pad met minste weerstand.

JoeV ·

Is die skole met sink dakke of gras dakke, mens moet dit vastel, dit maak ‘n verskil in die roete wat die weerlig volg!

Linda van Mosselbaai ·

Hoe hartseer!
Ek dink veral aan die maatjies wat dit beleef het.

Ek het ‘n groot ontsag vir weerlig. As kind het ek gesien hoe lyk ‘n fogterjies se letsel na die weerlig haar geslaan het waar sy op ‘ n metaal vensterbank gesit het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.