Ses maande om ebola onder beheer te kry

ebolaKenners meen dit sal sowat ses maande neem om die ebola-virus in Wes-Afrika onder beheer te bring.

“Die stryd teen die uitbreek voel soos ‘ʼn oorlog’,” het Joanne Liu, internasionale president van Dokters Sonder Grense, Vrydag gesê, berig die Chicago Tribune. “As ons nie Liberië stabiliseer nie, gaan ons nooit die uitbreking onder beheer kry nie.”

Sy meen Dokters Sonder Grense en die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) behoort binne die volgende ses maande die oorhand oor die epidemie te kry. Sy het egter bygevoeg dat hulle meer kenners op grondvlak benodig.

Volgens die WGO het die dodetal van die wêreld se ergste uitbreking van ebola Woensdag op 1 069 gestaan. Guinee, Sierra Leone, Liberië en Nigerië het reeds sterftes aangemeld.

Bron: Chicago Tribune

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.