Ses ruimtevaarders in Internasionale Ruimtestasie veilig

Die Internasionale Ruimtestasie. Foto: Nasa/Flickr

Die Internasionale Ruimtestasie. Foto: Nasa/Flickr

Ses ruimtevaarders aan boord van die Internasionale Ruimtestasie (IRS) is veilig na ʼn vals alarm, het Nasa gesê.

Die ses het met gasmaskers gewapen uit die Russiese module gekom waarin hulle geskuil het nadat ʼn alarm vroeër aangedui het dat die ammoniakvlakke van die Amerikaanse deel van die IRS gevaarlik hoog geword het.

Toetse het geen teenwoordigheid van ammoniak aangetoon nie, en dit word vermoed dat ʼn rekenaarfout die “probleem” veroorsaak het.

Die Amerikaanse segment is van die Russiese geskei.

Die bemanning wat in die Russiese deel saamgetrek het, het ʼn dag lank die data van verskillende instrumente bestudeer voordat hulle tot die gevolgtrekking gekom het dat geen ammoniak gelek het nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

CHRISTA CONTINO ·

is hierdie julle nuutste wereldnuus berig? Daar is geen nuwe berigte sedert die 15de beskikbaar nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.