Ses sterf toe vulkaan uitbars

Indonesiese soldate dra persone se besittings uit die gevaarsone ná berg Sinabung op 21 Mei 2016 in Sumatra, Indonesië uitgebars het. (Foto: AP Photo/Binsar Bakkara)

Indonesiese soldate dra persone se besittings uit die gevaarsone ná berg Sinabung op 21 Mei 2016 in Sumatra, Indonesië uitgebars het. (Foto: AP Photo/Binsar Bakkara)

Ses persone is dood ná ʼn vulkaan in die weste van Indonesië uitgebars het.

“Berg Sinabung op die eiland Sumatra het Saterdag vulkaniese as tot 3 km hoog in die lug uitgespoeg,” het Sutopo Purwo Nugroho, woordvoerder van die nasional rampbestuuragentskap, gesê.

Die vulkaan het vir vier eeue lank dormant gelê voor dit in 2010 uitgebars en twee mense se lewens geëis het. Altesaam 16 mense is in 2014 dood toe die vulkaan weer uitgebars het.

Al die slagoffers van Saterdag se uitbarsting was besig om op hul plase in Gamber, sowat 4 km van die vulkaan te werk. Videomateriaal wys ook plaasdiere, bedek in as, wat gevrek het.

Nugroho het gesê soldate, die polisie, reddingsbeamptes en vrywilligers is op soek na nog moontlike slagoffers.

Sinabung is een van meer as 120 aktiewe vulkane in Indonesië.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.