Ses verdagtes in aanhouding ná ‘terreuraanval’ in Nice

Foto: REUTERS/Eric Gaillard/Pool

Nog twee verdagtes is in aanhouding nadat ’n vrou onthoof en nog twee mense vermoor is tydens ʼn vermoedelike terreuraanval vroeër vandeesweek by ’n kerk in die Franse stad Nice.

Dié verdagtes is van die Franse stad Grasse naby die suidelike Franse kus naby Nice.

Altesaam ses verdagtes is nou reeds aangekeer.

Die vermeende aanvaller, ’n 21-jarige van Tunisië, is ná die moorde deur die polisie geskiet en is tans in ’n kritieke toestand in ’n hospitaal.

Foto: REUTERS/Eric Gaillard

Ondersoekers vermoed die aanvaller het op 20 September onwettig via Italië se Mediterreense eiland Lampedusa na Europa gereis. Hy het vermoedelik op 9 Oktober by die Italiaanse hawe van Bari aangekom voordat hy net twee dae voor die aanval Nice binnegekom het.

Christian Estrosi, burgemeester van Nice, het die aanval wat in of naby die Notre Dame-kerk gebeur het, as ʼn terreurdaad bestempel.

Die aanvaller het glo “Allahu akbar” (“god is groot”) geskree voordat die moorde by die kerk gepleeg is.

Volgens Estrosi stem die metodes ongetwyfeld ooreen met dié wat gebruik is teen die onderwyser Samuel Paty wat vroeër die maand onthoof is in ’n aanval in ’n voorstad van Parys.

Maroela Media het vroeër berig ’n priester van ’n Grieks-Ortodokse kerk is intussen voor dié kerk in die Franse stad Lyon geskiet.

Amptenare sê egter daar is in dié stadium geen aanduiding dat dié voorval verband hou met terrorisme nie.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Anel ·

En dan wil hulle vlugtelingstatus in Europa hê!!! Ek haal my hoed af vir Hongarye wat die Moslems sy land wil verbied. As jy nie eil maak soos die land wat jou gasheer is nie, bly waar jy vandaan kom.

Harry ·

Hierdie is seker die ontstellendse nuus van die naweek. Franse maak hulle harte oop as nie rassige en geen geloof gemeenskap en daar tref ekstremiste hierdie land. Die Here waarsku ons…………ons moet ‘n keuse maak. Ek weet vir wie ek kies.

Mad Mike die Rhodesiër ·

Die teken van die stille oorlog, terreur…

Rose ·

Dit is tyd dat julle wakker skrik in Europa, en ophou om people pleasers te wees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.