Sesjarige tydens padwoede in sy karstoeltjie geskiet

Aiden Leos (Foto: GoFundMe-bladsy vir Aiden se pa)

ʼn Sesjarige seun van Los Angeles in Kalifornië in die VSA is op pad skool toe in ʼn “padwoede-aanval” doodgeskiet.

Volgens mediaberigte het Aiden Leos en sy ma Vrydag op die 55-hoofweg gery. Aiden was op die agterste sitplek in ʼn stoeltjie vasgemaak.

Die polisie het die voorval as ʼn padwoede-aanval beskryf waar een motor glo skerp voor ʼn ander motor ingedraai het. Iemand het ʼn enkele skoot van agter afgevuur. Dit het eers die agterkant van Leos se motor en toe vir Aiden in die rug getref.

“Mamma, my maag is seer!” het Aiden uitgeroep toe sy ma paniekerig stilgehou het.

ʼn Polisiebeampte, wat nie aan diens was nie, het stilgehou en KPR toegepas. ʼn Ambulans het met Aiden na ʼn hospitaal gehaas, maar hy is dood verklaar.

Florentino Olivera van die verkeerspolisie in Kalifornië, het aan die Los Angeles Times gesê dit was “ʼn geïsoleerde padwoede-aanval”.

Die polisie het die snelweg ure lank gesluit terwyl hulle ondersoek ingestel het. Hulle is op soek na ʼn wit sedanmotor waarin ʼn man en ʼn vrou gery het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Dapper Patriot ·

Dan wil hulle hier in Suid-Afrika ons wapens vat.
En hier is nog sieker kriminele en moordenaars.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.