Seun (11) skiet 8-jarige dood oor hondjies

misdaadtoneel

Argieffoto

ʼn Elfjarige seun van die Amerikaanse deelstaat Tennessee is Maandag in hegtenis geneem nadat hy glo sy bure se agtjarige dogtertjie doodgeskiet het.

The Guardian berig die voorval het Saterdagaand in Jefferson County in die ooste van Tennessee gebeur. Volgens ʼn polisiewoordvoerder het die seun met drie meisies buite hul woonwawoning gesels en aan die een meisie gevra of hy hul twee nuwe hondjies kan sien. Sy het glo geweier.

Die seun het sy pa se haelgeweer gaan haal en die meisie glo vanuit die woning se venster in haar bors geskiet, voordat hy die vuurwapen buitentoe gegooi het.

Die meisie is intussen geëien as Maykayla Dyer, ʼn leerder van die White Pine Elementary School. Die seun is ʼn leerder aan dieselfde skool. Sy naam kan nie bekendgemaak word nie omdat hy ʼn minderjarige is.

Volgens The Guardian het beraders Maandag die skool besoek om medeleerders te help om die nuus te verwerk. Die seun is onder sy ouers se toesig geplaas.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Daleen ·

Amerikaners…. dis nog ons voorland ook!! Om Godloos te wees of Goddeloos is dieselfde! Dit hoort nie so nie. Tekens van die tye, mense. Ons dae is getel. … dis so hartseer. O ja, so terloops, WAAR WAS DIE OUERS en hoekom is daar ‘n vuurwapen waar kinders dit kan bykry?

Eish! ·

Amerikaners????????? In SA gebeur dit ook. Net die verskil is dat geen stryery betrokke is nie en die vrouens word nog eers verkrag en gemartel ook. Ten minste in Amerika kan jy se dit wat kinders en hul weet nie van beter. Hier in SA is dit grootmense wat veronderstel is om te weet wat reg en verkeerd is. SA is eintlik slegter en nie beter nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.