Seun (15) vas ná moordtog by skool

Nooddienste op die toneel by die Marshall County High School. Foto: Ryan Hermens/The Paducah Sun via AP

ʼn 15-jarige leerder van Kentucky in die VSA het op sy klasmaats losgebrand en in die proses twee medeleerders doodgeskiet en 19 beseer.

Die skietery het by die Marshall County High School in Benton plaasgevind. Volgens berigte het die tiener op medeleerders losgebrand oomblikke voor klasse sou begin. Sommige leerders het in klaskamers weggekruip.

Ander leerders het uit die skoolterrein gehardloop en geskree. “Hulle het gehardloop en gehuil en geskree,” het Mitchell Garland gesê. Garland het skuiling gebied aan tussen 50 en 100 leerders by sy nabygeleë onderneming. “Daar het kinders op die hoofweg gehardloop. Hulle het net probeer wegkom.”

Nooddienste op die toneel by die Marshall County High School. Foto: Ryan Hermens/The Paducah Sun via AP

Talle ambulanse en polisiemotors het op die toneel toegesak. ʼn 15-jarige meisie is op die toneel dood terwyl ʼn 15-jarige seun in die hospitaal aan sy beserings beswyk het. Van die beseerdes is na ʼn hospitaal in Nashville, Tennessee, gevlieg vir behandeling. Volgens berigte is talle leerders raakgeskiet en ander beseer toe hulle van die toneel probeer vlug het.

Die polisie het die verdagte in handboeie van die skool weggeneem en hy sal van moord en poging tot moord aangekla word. Daar is nog geen inligting bekend gemaak oor die motief vir die skietery nie en dit is ook nog nie duidelik of daar ʼn verwantskap tussen die verdagte en die slagoffers is nie.

Marshall County High School is sowat 30 minute weg van Heath High School waar drie leerders in 1997 doodgeskiet en vyf gewond is. Michael Carneal, toe 14 jaar oud, het by die skool ingestap en op medeleerders begin losbrand.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

christa ·

ek dink regtig ons het genoeg moord en doodslag in ons eie land. Is dit nodig om ander lande se problem nog ook te verkondig

Ja ·

Ja christa, want dan kan ons sien dat dissipline ook daar besig is om in die hek te duik agv sogenaamde menseregte van die bloedjies. Ons pluk wêreldwyd die vrugte van sg. ‘demokrasie’.

Jacques venter ·

Christa
Ek stem volmondig saam. Ons is so behep met geweld dat dit ons hele lewe negatief beïnvloed.

Iemand het gesê. Ons moet eendag sterf, maar al die ander dae moet ons lewe.

Die gedurige klem op geweld skep n angs psigose wat ons lewens kwaliteit nadelig raak.

n Whatsup “vriend” wat vir my al die gruwels aanstuur het ek gelukkig eindelik geblok.

Ek hoef nie gedurig bewus gemaak te word aan gruwels waaraan ek niks kan doen nie.

Oosie ·

Hierdie is ‘abnormaal’ en dit is nodig dat ons daaroor ingelig word. Van ons het familie reg oor die wereld…

GM ·

Christa, uit die foto kon jy afgelei het dat dit oorsee plaasgevind het. Dus kon jy verby ge’scroll’ het sonder om die artikel te lees as jy nie belangstel in wat in ander lande gebeur nie.

Carien ·

Ja ons wil weet wat in die wêreld aangaan. Ons loop nie met klappe oor die oë nie. Die wat nie wil lees nie kan die artikel dan ignoreer.

Inge ·

Christa, dit is goed om te weet wat in die buiteland ook gebeur. Dit is baie tragies wat met die arme kinders gebeur het.

snoefie ·

ons voorland in die nuwe Suid Afrika waae kinders geleee word om ouer mense op hulle name aan te spreek. as oom of tannie te outyds vir die kinders is, kan hulle maar meneer of mevrou sê.

DS ·

Natuurlik wil EK weet wat oral in die wêreld aangaan. As jy sien die artikel handel oor ander lande maak toe en lees volgende artikel. Maar as MM nie daaroor berig waaroor gaan jy dan kla Christa? Enige ietsie om tog net te kla. Dankie MM vir wye verskeidenheid nuusgebeure.

Jacques venter ·

Hallo Oosie
Wat moet ons met die inligting doen?

Hoekom moet familie in die buiteland weet?

Sal familie in die buiteland iets aan ons situasie kan doen?

BLOMKOPPIE ·

Natuurlik wil ons weet wat gaan in die wêreld aangaan, dit beteken nie as mens nie van die lelik praat dat dit ewe-skielik gaan verdwyn nie, monsters is werklik, hul skeil in die harte van mense en die lewe is nie ‘n sprokie nie. Sien die waarskuwings tekens en wees op jou hoede, die kwaad is daar, hy wag vir jou om nie meer aandag te gee nie

Gesiggie ·

Here red ons Land…. dinge raak net erger, red ons kinders.. bewaar hul teen gevare teen misdaad… dit maak n mens mal om al die dinge te lees…en te dink dat n kind van 15 tot so iets in staat kan wees”” te veel bloodstelling of dalk was hy opgelei?? my inne meegevoel aan die kinders se familie en almal wat seer moes kry??

Daisy ·

En dit is die gevolge van afskaffing van lyfstraf. Geen respek vir enige iemand anders. Kinders word ongenadiglik geboelie en dan …. Het vir 3 jaar in VSA gebly, kinders is klein godjies in hulle eie wêreld. Dis ongelooflik hartseer dat ‘n kind so desperaat raak

Hendrik ·

Dis die resultaat van swak vuurwapen wetgewing. Eienaars work nie gedwing om wapens toegesluit of op hulle persoon te dra nie. Kinders het vrye toegang tot ouers se wapens, soos by die tragiese Sandy Hook voorval ‘n paar jaar gelede. SA het ‘n uitstekende vuurwapenwet wat hopeloos toegepas word. Die VSA het die vermoë om so ‘n wet uitstekend toe te pas, maar nie die wil om die wet te maak nie. Dis om van te huil!

Margi Johnson ·

Dit is vir my ongelooflik hoe Suid Afrikaaners wil he die res van die wereld moet weet wat hier aangaan en moet ingryp en tot ons redding kom maar wil glad nie weet wat elders aangaan nie!

Valerie ·

Die linkses en liberale pers gaan nou seker weer op Trump spring.

In elk geval, as julle nou ‘n liberale ineenstorting wil sien, gaan kuier net ‘n week in Toronto, Kanada. Onuithoubaar.

Louise ·

Het al gelees dat baie van die “school shooters” op medikasie was wat agressie as ‘n newe effek het.

Gatvol ·

Nie demokrasie nie maar liberalisme, die euwel wat vinnig besig is om die wereld te vernietig.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.