Seun (5) dood ná straf oor bednatmaak

Yanis (5) Foto: Daily Mail

Yanis (5) Foto: Daily Mail

ʼn Vyfjarige seun is Maandag dood in die dorpie Aire-sur-la-Lys in die noorde van Frankryk nadat hy glo etlike kilometer ver in yskoue weer langs die kus moes hardloop, slegs met sy onderklere aan, omdat hy sy bed natgemaak het.

Die seun, net bekend as Yanis, is vermoedelik aan ʼn hartaanval oorlede.

Volgens die Franse polisie het die seun se stiefpa (30) met ʼn fiets agter hom aangery en die seun gedwing om “sy straf te aanvaar”.

Die stiefpa het die nooddienste ontbied nadat hy inmekaargesak het.

By die polisie se aankoms het die seun se liggaam langs ʼn kanaal gelê. Hy het net sy onderklere en kouse aangehad en sy neus was gebreek. Sy lyf het ook talle skraapplekke gehad wat vermoedelik tekens is dat die seun geval het terwyl hy gehardloop het.

Die polisie het intussen gesê hulle vermoed die seun word al ʼn geruime tyd tuis mishandel. ʼn Nadoodse ondersoek het ook getoon dat hy verskeie frakture op sy skedel het wat nie aan ligte beserings toegeskryf kan word nie.

Volgens die Daily Mail is die seun se 22-jarige ma en stiefpa Dinsdag vroeg in hegtenis geneem.

Bron: Daily Mail, Mirror

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

66 Kommentare

lettie ·

Watter regdenkende volwasse doen dit aan n kleuter? Mag hy die hoogste straf kry in Frankryk!

Die hel in ·

Ek gaan jou vraag vir jou beantwoord Lettie, hy is nie regdenkend nie. Want geen maar geen regdenkende ouer sal OOIT so iets doen aan sy kind nie.

harseer ·

Ek het n Klein kind wat by haar ma en die boyfriend bly.sy word wonder kos bed toe gestuur en mishandel deur die boyfriend.sy word ook round geplik en dood geskree as sy iets verkeerd doen.ek wil graag he my Klein kind moet by ons kom bly maar as jy met n probleem soos die na polisie gaan dan se hulle hulle kan nie inmeng nie.en welsyn workers se alles by Huis lyk ok as hulle gaan ondersoek instel..ek het baie hartseer in my hart en ek soek hulp om my Klein kind se lewe te red om haar uit daai Huis te kry. Maar deure word elke meer in my gesig toegemaak.so wat se ek .ek se enige kind verdien nie straf nie.nie op so manier nie.

Clivé Burger ·

Kan iemand tog “harseer” hieronder na die regte instansie verwys asb sodat ons darem net een kind kan red uit haar/sy ellendige ma en pa se bestaan!!!!!

Nico Strydom ·

Dagsê Harseer
Stuur asseblief ‘n e-pos na [email protected]. Hulle sal jou verwys na ‘n maatskaplike werker wat jou sal kan bystaan.”
Groete

Annatjie Kruger ·

Harseer, die polisie en die maatskaplike werkers kan nie vir jou sê dat daar niks is wat gedoen kan word nie. As hulle dit vir jou sê dan doen hulle nie hul werk nie. Kontak die polisiehoofkantoor in jou omgewing en as jou kleinkind by jou kuier sonder die ouers, neem die kind volgende keer na die polisie en dring daarop aan dat ‘n distriksgeneesheer die kind te ondersoek en lê ‘n klagte terwyl jy die kind by jou het.

Riette ·

Hartseer, vind uit watter maatskaplike werker kan n forensiese ondersoek doen en vat jou kleinkind vir n assessering. Dinge kan reg lyk as hulle by die huis kom, maar dis nie te se dit is reg nie, n forensiese assessering sal die waarheid op die lappe bring. Jy kan ook Childline bel om dit aan te meld, hulle maatskaplike werkers moet uitgaan en gaan kyk wat aangaan
0800 55555

BS ·

My hart is seer vir daai seun. Mag hy veilig wees in Jesus se arns. Soos Poppie, geen ma wat die moeite werd is om ma genoem te word nie. Hy is beter af waar hy.nou is

BS ·

My hart is seer vir daai seun. Mag hy veilig wees in Jesus se arms. Soos Poppie, geen ma wat die moeite werd is om ma genoem te word nie. Hy is beter af waar hy.nou is

Mads ·

Wat gaan aan met die mensdom daar is al hoe meer wreedheid teenoor kinders, ou mense en diere. Die wereld is regtig siek!!

BOLANDER ·

Mads, jammer ek stem nie heeltemal met jou saam nie. Dit is nie die wêreld wat siek is nie. Dit is die mense in die wêreld wat so siek is!!!!!!!!!!!!!!!

Stukkende hart ·

My hart is sommer baie seer oor hierdie artikel… ek self het ‘n seuntjie (6 jaar oud) wat sukkel om snags droog te bly. Hy ontvang tans behandeling daarvoor. Hulle kan dit nie help nie. Ons is almal anders geskape en sommige kindertjies neem net langer met seker goed as ander. Die situasie moet met soveel liefde en deurnis hanteer word. Hoe kan jy dit aan ‘n weerlose kindjie doen. Hulle kyk dan juis op na jou vir leiding, veiligheid en liefde. Waar was die Ma toe dit gebeur het?!?!

Rachel ·

Ek is jammer maar dis net nie toelaatbaar nie. Dis immers baie moeilik om nie my ware gevoelens teenoor so ouer te uiter nie. Geen,maar geen kind verdien dit nie. Dis baie hartseer om te dink wat die arme kind moes verduur en gevoel het.

Francis ·

dan dink mens dit gebeur net in ons land !!! hoe siek het die mensdom nie geword nie .Arme kinders !

John ·

Daar is in antieke boeke beweer dat die hel yskoud ipv vuurwarm is. Die wrede kerel kan nogal doen met ‘n laaaang aftrede op ‘n ysige planeet… ver weg van die aarde.

SG ·

Hoe siek kan n mens wees. Geen wonder die kind het sy bed natgemaak nie want hy was mishandel en bang. Mag hierdie ouers die swaarste straf kry. Hy was net 5 jr oud en moes in die winter met sy onder klere hardloop. Hoe kan n mens so wreed wees. Yanis jy is nou by liewe Jesus niemand kan jou meer seer maak nie. Mag hierdie man en vrou in die tronk vrot en mag julle gewete julle ry. Sal sien of julle so braaf sal wees in die tronk.

olie ·

Wat is volgende……maar ons sit en doen niks vir ons kinders nie. Praat, praat, praat dit help nie…..laat hulle wat so wreed is net stilweg verdwyn… varke

Teleurstellend ·

Dit is teleurstellend dat die verdomde sleg Ma niks doen nie….. moet asb nie kom met ek weet nie wat haar omstandighede is nie, jy kan vlug met daai kind, deesdae met sosiale media kan jy maklik hulp kry……. ek raak so kwaad en dan Olie wil ek jou 2de deel(jy stel dit sooo perfek) uitgil aan die wêreld, want dit sal verhoed dat ander sleg goed vrouens met kinders vat en hul so verniel of vermoor. Verder ouers hierdie probleme(wreedheid teenoor ‘n ander lewende wese) begin van kleins af – as kinders maar altyd moenie, moenie dit doen nie, ek gaan jou slaan en as jy dit weer doen – gryp hulle, doen dieselfde terug en voeter hulle goed, dat hul respek vir ander het. Jy kan dalk dink jy gaan nie daar wees of as dit met jou kind gebeur is dit sy of haar saak, glo my die betrokke ouers gaan saam deur hel, dan gaan daardie kind vir wie jy te jammer is nie net ‘n hou kry nie, die hele gemeenskap verwerp, veroordeel, die kind gaan TRONK toe en deur hel en dit kos nog ‘n groot pot geld vir regshulp waaruit jy in elk geval nie die kind gaan uitkry nie, dalk korter in, maar beslis in tronk.

Annie ·

Soms maak kinders hulle beddens nat weens vrees vir ouers. Soms is ouers net te streng. Daar moes anders te werk gegaan het met die kindtjie. Baie hartseer dat n kleuter so moes sterf.

FVT ·

Dis hartverskeurend! 5jaar is nog baie klein. Watter Pa en Ma wat omgee vir hul kind, straf ‘n kind/kleuter op so ‘n wrede manier. Dit is onmenslik, wreedaardig! Ouers is mos daar om kinders deur sulke stadiums te help en te ondersteun. Ek het nie woorde vir sulke absolute wreedaardige optredes nie.

Uvonka ·

Ag siestog ek dink die arme outjie het juis in die bed gepieps uit vrees vir sy stiefpa. Ek hoop hy word bitter swaar gestraf, die monster!!!

Melanie ·

Dit maak my so hartseer om dit te sien. Daar is soveel mense wat nie die blessing verdien om kinders te hê nie. En hier sit ek en my man en sukkel al 3 jaar om ons klein engel te kry. Yanis jy is nou by Liewe Jesus wat jou ongelooflik baie lief het

jean ·

Die wêreld is besig om te sterf onder die boosheid van die mens…….geen oordeel, simpatie of empatie nie.

Teleurstellend ·

Teleurstellend, huwelike met stief ouers kan werk, daar is al baie bewyse daarvan, gemors soos die maak dit net moeiliker vir ander geskeides om ‘n 2de kans op geluk te kry. Ek voel egter so bietjie opgewonde oor die een, hy is nie in SA waar hy heel moontlik kan wegkom met dit nie, in Frankryk sal hy sk.t. Die kommer is, die goed brei uit wêreldwyd en ek dink dit is vandat mense regte gekry het. Wens net die Mense regte komissies kyk net eers gou na die reg van die onskuldiges. Daardie seuntjie het sy bed natgemaak van bangheid, hy was aangerand, hoe kan dit regverdig word ooit met die gemors moet nou reg op beskerming / regverdige verhoor / regshulp etc. Daardie klein seuntjie het geen beskerming gehad en ek hoop regtig dat die regering dit lees, geskok raak en na die land se wette kyk. Jy moet jou kleintjies, bejaardes, swakkes, siekes & wets gehoorsame burgers beskerm en gemors uitwis.

Ina van Heerden ·

Hoe kan n ma n man toelaat om haar prag kind soo te behandel Hoe staan jy terug as n ma en toekyk dat jou kind mishandel word deur n lae luis wat nooit die amp pa of man werd is nie God het hom vir jou geleen om met liefde groot te maak !!!!! Jys niks beter as daai luis en verdien nie om n ma te wees nie God sal oordeel vel oor julle op Sy manier

Astrid ·

Ek sit met gemengde gevoelens, aan die een kant is ek smoorkwaad en aan die ander kant sug ek ‘n sug van verligting. Kleine mensie, weet net dat jou ma en stiefpa eendag deur Liewe Jesus geoordeel sal word! Wat ek wel vir jou kan sê, die liefde wat jy nou ervaar daar waar jy by die Koningklike se voete sit, is meer as wat jy hier op aarde sou ervaar, jy is veilig waar jy is liefste Yanis en my belofte aan jou is, alhoewel die mensdom jou gevaal het, sal God jou nooit vaal nie. Dis moeilik om te verstaan hoekom jou lewe so tragies moes eindig, en met so lafaard aan jou sy, dis moeilik om te verstaan hoe ‘n ma so iets kon toelaat maar een ding is seker, hulle dag kom en dit gaan nie rooskleurig wees nie!! Rus sag liefste seun met jou rooi wangetjies!!

Hannelie ·

Lyk my dis nie net Suid-Afrika wat hierdie ‘siek’ mense het nie! Sluit hulle vir ewig weg en ek bid dat die doodstraf ingebring word, nie net in Suid-Afrika nie, maar oral. Want dit is al manier hoe mense gaan leer. Want solank die regering net aanploeter, gaan die moordenaars net aanhou moor. Ek kry die seuntjie so jammer wat sy lewe so wreed moes verloor…..maar hy is nou baie beter af by Jesus waar hy net liefde en beskerming sal geniet.

Jean ·

Die freaking ma’s weet 99.9% van die tyd van die mishandeling . hulle is te bang om te praat, te bang hulle kry ook slae, nou kyk hulle liewer hoe die kinders slae kry. Of hulle is bang hulle verloor die man of hulle inkomste .. EK IS ANNA is ‘n goeie voorbeeld hiervan .. Ek kyk ontsettend baie van hierdie programme en die ma’s is bewus daarvan. Daar is geen manier dat ‘n pa of stiefpa of stiefma of watookal kinders vir jare kan mishandel, seksueel en fisies, selfs emosioneel sonder dat die PARTNER dit agterkom nie … dan speel hulle onskuldig .. HULLE moet saam met die persoon aangekla word wat die misdaad gepleeg het want hulle is AANDADIG daaraan .. medepligtig … Dit is iets verskrikliks as ‘n kind mishandel word deur ‘n pa of stiefpa en nie eers na sy MA toe kan gaan vir BESKERMING en hulp nie .. Jou MA is jou beskerming jou MA is die een wat jou gedra het en jou te alle tye moet beskerm en omvou met haar liefde .. Kindermishandeling (en dieremishandeling) is seker die ergste goed ooit, want hulle is onskuldig, hulle is broos en defenseless!!

Leeutjie ·

Ek glo dit is in elk geval die ouers se skuld as die seuntjie nog sy bed natgemaak het. Die seuntjie was dalk so vol vrees! Ai…. Ek wonder of daar ‘n doodstraf in Frankryk is? Hierdie ouers verdien net die slegste wat gaan kom!!!

Colleen ·

Nel dalk was sy stiefpa die oorsaak van sy bednatmaak ding. As daar nog kinders is laat hulle wegneem swak van die ma om dit toetelaat.

Della ·

Woede en hartseer op een slag. My seuntjie maak ook nog so af en toe bed nat. Ons aanvaar dit so. Ander tye slaap hy deur en dan prys ons hom. Dis menslik en ‘n ou seuntjie…hoe vreeslik dat ‘n “ma” so iets toelaat en hoe walglik dat jy hierdie tipe gemors in jou en jou kind se lewe toegelaat het. Jy is net so skuldig aan moord, jy is net so ‘n stuk gemors!

toy ·

My hart is sommer seer vir daardie arme seuntjie. Dis WREED wat die man aan hom gedoen het. Hy moet eers deur die strate gejaag word net met sy onderbroek in die koue voor hy toegesluit word vir sy res van sy lewe.

Minette ·

Ek hoop hy word gejaag, al is dit nie fisies nie, maar in sy drome ook, hy is laag en kan nie ‘n mens genoem word nie, hoe kan jy so klein dingetjie soveel onreg aandoen, hy moes seker soveel vrees in hom gehad het dat sy hart gaan staan het, die arme klein dingetjie, mag hy uiteindelik in vrede wees. My hart sommer seer

Fudge ·

Is daar iemand wat di kommentare lees wat in die posisie is om hartseer te help groot asb, hierdie kleinkind van haar leef, daar kan nog ingetree word!!!

CAB ·

Ek is so hartseer oor dit, hoe kan mens dit doen. Ai ek weet regtig nie my seuntjie is nou 4 word 5 in die middel van die jaar en ai mense sy lyfie is so klein hoe verniel jy so n klein mensie. Ek wens so daardie kind het liefde geken want wragtig hoe regverdig en verduidelik jy vir hom wat hy moes deur maak is nie reg nie.. Wat het daardie seuntjie gedink en geken. My hart is so seer vir hom.. En kyk net na Hartseer se se storie almal draai hulle rug op haar.. :(

Vanessa ·

Het iemand die kommentaar van “hartseer” gelees? Is daar iemand wat met haar in kontak kan kom wat sal kan help? Die ouma is bekommerd oor haar kleindogter se welstand en weet nie hoe om die kind te help nie? Voor dit vir daardie kindjie ook te laat is?????

MissDemeanor ·

Ek gaan Maroela Media kontak met my niggie se kontak besonderhede. Sy is ‘n maatskaplike werker…

Elke van Rensburg ·

Here, my hart breek oor onskuldige kinders se seer! Vader gryp in asb.

Carin Pretorius ·

Hartseer gaan hof toe en lê klas daar voor dit te laat is!!
Is daar dalk iemand wat Hartseer kan help?

Willemien ·

Dis is skokkend dat enigiemand so iets aan ‘n weerlose kind kan doen. Ek wil ook vra dat iemand dringend met “Hartseer” in verbinding tree. Maroela Media, kan julle asb help en iemand na hom of haar verwys wat kan help? Hier is ‘n kind wat ly en dringend hulp en ingryping nodig het. Asb help.

Rooikop Mamma ·

Mag hy gemartel word om dit aan so ‘n pragtige of selfs enige kind te doen. Blerrie lafaard!!!!!!

john ·

Siek ouers. En ek het my bed natgemaak tot in standerd 6. Sommige kinders moet dit ontgroei.

Dominique ·

Soveel van hierdie artikels behels stief ouers wat hul kinders so mishandel. Dis so tragies. Dis vreeslik hartverskeurend. Ek dank die Here elke dag dat my man my kind aanvaar het as sy eie en haar dieselfde behandel as ons kind wat ek en hy nou saam het. Albei is vir hom gelyke en in sy hart is hulle albei syne, sy engeltjies. Mense wat kinders mishandel behoort die hoogste tiepe straf te ontvang. Of dieselfde manier gestraf word wat hulle die kindertjies behandel het. Sulke mense behoort nie in ons samelewing nie. Watse tiepe mens maak n kindjie of n diertjie seer. Jesus hou nou vir Yanis in sy arms styf vas.

ElgeraineR ·

NEE!!! Ek huil vir hierdie pragtige kind!? ek is so ontsteld, my kommentaar sal nie geplaas word nie??

Gina Bishoff ·

Kan iemand asb. DRINGEND vir Hartseer help met die regte persone om te kontak in verband met haar klein kind voordat dit ook ontaard in n geval soos klein Poppie v d Merwe.

Nicky Els ·

Ek het dit ook nou gelees, en hoop dat iemand vir Hartseer kan help. Ek is self ‘n Ouma en ek sa moor as iemand my kleinkind so behandel. Dit klink vir my dit is partykeer net te veel moeite om ondersoek in te stel. En hulle maak seker ‘n afspraak ook sodat alles net te mooi kan wees as hulle daar aankom! Dit maak my so hartseer dat mense daarmee weg kom!

Sanell ·

Woorde het ek nie, dus onaanvaarbaar my hart is so seer toe ek die berig lees. Mag daai gewentlose pa lewens lank tronksraf kry of dood straf. My seun 21 jaar is November 2016 oorlede en n deel van my is saam hom dood. Die pyn is ondraaglik en raak erger by die dag. Wil mal word sonder hom, hoe gaan n mens se lewe aan nadat jy n kind verloor het.

Amber ·

‘Hartseer’, jy maak my hartseer as ek jou skrywe lees. Moedhou my maat. Seker makliker gesê as gedaan. Maroela het jou skrywe ter harte geneem. Ek glo jy gaan bo uitkom.

Yolande ·

Daar is n hele paar vieslike onaangename woorde wat deur my kop gaan maar gee daardie ouers vir my, die vet weet die hel sal na n vakansie voel as ek met hulle klaar is. Dis sulke tipe dinge wat my in die tronk sal laat beland, ek sal sulke ouera vermorsel. Nie eers n dier maak so met sy kleintjies nie.

Wilma ·

Daar is soveel boosheid in die wêreld dis net te veel om te hanteer.

What a joke! ·

So n mooi kind!!! Ja nee kyk ek wil sommer huil en ek is n groot volwasse man…
Net oor hy bed nat gemaak sy neus gebreek? skedelbreek en nou dood!!!! ? Ai ai ai goeie Here wat is vout met die mensdom!! Hoop hul brand in hel die gemors wat die seuntjie so behandel het! Hul verdien slegs die galg niks meer niks minder…
RIV mooie ou seuntjie..

Johlene Weijmans ·

Ek sou hom geneem het met bed natmaak en al. So ‘n pragtige seun. Sulke ouers behoort onbevoeg verklaar te word om ooit weer kinders rte he

Carol Every ·

Maroela kan julle nie vir “Hartseer” help met haar kleinkind se mishandeling nie – die vrou klink desperaat en het seker nie die hulpmiddels om die e-pos te stuur nie. Voordat nog ‘n kind dood gaan asseblief.

amanda ·

Liewe Hartseer

My hart bloei vir jou, ek sien iemand het ‘n link gestuur vir solidariteit, kontak holle vir hulp en bestand.

Ek kan nie raad vir jou gee nie…..net die wete, aai weet dis moeilik, maar gee hierdie saak vir ons Hemelse Vader…. en onthou die volgende, ek dit gister aand gelees en deel dit graag met jou. Matt 18:10.

Aai sterkte, ek bid ons Hemelse Vader seeninge oor jou en jou familie uit.
Sterk wees en vertrou mensje

G Tait ·

Kan iemand dalk vir my se of Frankryk die doodstrag het of nie.

Penny ·

Maroela hou ons op hoogte oor hoe die Franse reg hierdie twee straf asb.

Hannes ·

Ja dis tragies maar hoeveel gevalle is daar tussen ons wat niemand van hoor of sien nie en as dit aan die lig kom word minimum strawwe opgelê!

Niccy ·

Ek huil sommer as ek sien hoe ons Suid-Afrikaners mekaar nog wil help en bystaan, veral waar dit oor kindertjies en ou mensies gaan. Hartseer jy is nie alleen nie, jy is ‘n wonderlike oumie en ek glo jy sal slaag in jou doel. Sterkte mensie

Magda ·

Hoop hulle kry die swaarste straf in Frankryk as die Doodstraf nie daar is nie – hulle verdien regte niks minder nie.

Liza ·

Abba Vader vandag wil ek vir elke ou kindjie bid op ons vieslike aarde, maak nie saak wat se kleur hulle is nie, hulle is U kindertjies en ja my Abba Vader U het hulle vir ons geleen, Here wees met hulle en Here hou hulle styf toe onder U hande want elkeen van hulle is so weerloos teen gevaar en kannie terug baklei nie, Here daar is my kind en weet sy is by U en ek glo dat sy die ou kleintjies wat alreeds by U is omhels met haar liefde, asook U. Here dit kan nie so aangaan in hierdie wereld nie, Here ek is op my kniee vandag ek vra U mooi dat U na elke kleine ou dingetjie sal omsien, dankie my Pappa Vader ek weet en glo vandag U sal daar wees, Here maak my hart stil en help my om nie kwaad te word vir hierdie wreede mense op aarde nie maar dat daar vir hulle sal gebid word……Dankie Pappa Vader….AMEN RUS SAG JOU MOOISTE KLEINE SEUNTJIE…….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.