Seun (6) skiet 3-jarige broer in kop

Argieffoto: Miguel Roberts/The Brownsville Herald via AP

ʼn Driejarige kleuter van Pennsilvanië in die VSA is in ʼn kritieke toestand nadat hy deur sy sesjarige broer in die kop geskiet is.

Die Amerikaanse nuusagentskap CBS News berig die polisie in Philadelphia het gesê die kleuter is Saterdagmiddag aan die linkerkant van sy voorkop gewond. Die twee seuns was op die tweede vloer van hul gesinshuis in die buurt Nicetown–Tioga toe die voorval net na 15:00 gebeur het.

Die driejarige kind is na ʼn plaaslike hospitaal gehaas.

Volgens CBS Philadelphia was die twee seuns saam met hul 12-jarige broer tuis toe die voorval gebeur het. Daar was geen volwassenes tuis ten tyde van die voorval nie. Dit is nie duidelik waar die kinders se ouers was of hoe die kinders toegang tot die vuurwapen gekry het nie. Die polisie is besig om hierdie aspekte te ondersoek.

Marainda Stewart, een van die plaaslike inwoners, het gesê die gemeenskap bid dat die driejarige kind die voorval sal oorleef, maar bid ook vir sy sesjarige broer. “Die sesjarige wat die driejarige geskiet het, weet nie van beter nie. Hy het waarskynlik gedink [die vuurwapen] is ʼn speelding. Hy is ses jaar oud!” het Stewart gesê.

Nog ʼn inwoner, Helen Williams, het gesê dit is onaanvaarbaar dat die kinders toegang tot die vuurwapen gehad. “As die ouers dit nie in die huis veilig kon wegbêre nie, moes hulle dit saam met hulle gevat het,” het sy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Nuusleser ·

Laaste paragraaf. … onaanvaarbaar dat die kinders toegang tot die vuurwapen gehad ‘het’.

Moeilikheid ·

Nee ek wil hoor. Die Amerikaners is n vreemde klomp met weird idees. Ons kan baie uit hul foute leer.

Hendrik ·

Laat hierdie n waarskuwing vir elkeen wees wat vuurwapens laat rondlê. Vuurwapens hoort of in jou hande, of aan jou lyf, of toegesluit te wees.

Francois ·

Ai tog Loon, as jy nie van die buitelandse nuus wil kennis neem nie, blaai dan verby. Hierdie is ‘n baie tydige waarskuwing aan alle vuurwapen eienaars om altyd volle beheer oor hul wapens toe te pas.
In elk geval, MM bied die nuus gratis aan…..so wees dankbaar daarvoor.
Dankie MM vir puik nuusdekking!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.