Seun (6) slaan pasgebore baba dood; ma aangekla

Kathleen Marie Steele nadat sy op 11 Augustus 2016 in hegtenis geneem is. Foto: Pinellas County Sheriff's Office via AP

Kathleen Marie Steele nadat sy op 11 Augustus 2016 in hegtenis geneem is. Foto: Pinellas County Sheriff’s Office via AP

ʼn Sesjarige seuntjie van Florida in die VSA het na bewering sy pasgebore babasussie  doodgeslaan nadat hul ma hulle vir meer as ʼn halfuur alleen in ʼn motor gelos het.

Die ma, Kathleen Marie Steele (62), word nou van strafbare manslag met verswarende omstandighede aangekla.

Bob Gulatieri, ʼn plaaslike polisiewoordvoerder, het gesê die vrou het glo Maandag by ʼn selfoonherstelwinkel in St. Petersburg ingegaan en haar pasgebore baba en twee seuns, onderskeidelik drie en ses jaar oud, in die motor gelaat. Volgens Gulatieri het die baba glo begin huil en die sesjarige kind het haar geslaan en geskud in ʼn poging om haar te laat ophou huil.

“Hy het die baba soos ʼn lappop rondgegooi,” het Gulatierti Donderdag tydens ʼn mediakonferensie gesê. Volgens die polisie was die motor se dak bevlek met bloed toe Steele 38 minute later terugkeer, maar het sy eers by die huis die baba se beserings opgemerk.

Steele het haar buurvrou, wat ʼn verpleegster is, geroep om na die baba te kom kyk en die buurvrou het mond-tot-mond-asemhaling op die baba toegepas totdat paramedici opgedaag het. Die baba is by die huis dood verklaar.

Steele is Donderdag in hegtenis geneem. Gulatieri het gesê hoewel die seun sy suster se dood veroorsaak het, sal hy nie strafregtelik aangekla word nie. “Die fout lê by die ma, nie by die sesjarige seun nie,” het hy gesê. Steele se twee seuns is tydelik in pleegsorg geplaas.

Steele se man is in 2011 aan kanker oorlede. Haar babadogter en driejarige seun is gebore nadat sy kunsmatige inseminasie ondergaan het met die gebruik van haar man se bevrore sperm.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Wat-ek-lees ·

Uiters tragies, ook dat sy op 62 jaar nog ‘n baba wou hê is net so tragies. Dit lyk my sy kan ook nie somme maak.

Adeline ·

Ek kan net saam jou stem. Hoe op aarde los jy twee sulke jong kinders alleen in n kar, sou dink op 62 sou sy van beter weet!

Ronelle ·

Dis duidelik sy haar verantwoordelik heid vergeet toe sy uit die kar klim en haar pasgebore baba los en nog twee kinders,sy 62 ek nie daarteen nie,maar jinne as jy nog babas het moenie nog kry nie,jou gewete sal jou we’ll pla en syne gn hom die dag pla as familie hom vertel as hy groter word,jle beter af in pleegsorg,hle moet net iemand gn sien met dai woede in hle,rus sag ou engeltjie,die is tragies en kon gestop geword het

Andrea ·

Daardie seuntjie makeer iets. Psigopaat “in the making”.

KarooKlong ·

Hy makeer ‘n pa (duikklopper) wat weet hoe om ‘n ondeug te tug.

Poplap ·

Wat ‘n tragedie. Hoe kan die vrou op 62 nig kinders wou he. Dis selfsugtig van haar. Dit steel mens dwars in die kop dat sulke mense kids kan he en dan is daar mense wat smag na ‘n kindjie maar net nie swanger raak nie.

Griki ·

Ek dink die ouderdom is verkeerd. Maar as ek so na die foto kyk het sy baie myle op.

Kaufman ·

Het julle al onlangs gesien wat op DSTV se kinderkanale wys? Daardie cartoons is vol erge geweld, moord, doodslag, bloed, konstante geweld. Heeltyd, nie eers meer net subtiel of n bietjie nie. En dit is wat die kinders deesdae sien!

Kaufman ·

Diana, my boodskap was vir volwassenes bedoel, nie vir kinders of kinderagtiges nie. Gaan kyk eers self na die reeks van kinderkanale en die inhoud daarvan, en gaan lees op oor wat geleerdes sê oor die onderwerp.

SNEL ·

Ek stem 100% saam met Kaufman. Flieks “charge” kinders op om dieselfde goed te doen. Toe ek klein was het Buck Rogers and Twiki by die skool gewys en al ons kleintjies het pouse gehardloop en biedie-biedie ohoh geskreeu en dieselfde toe die Tarzan flieks gewys het. Dit was n bewys wat die uitwerking op n groot groep kleintjies kan wees. Met Steward little het my klein seuntjie histeries geskreeu toe Steward in die wasmasjien beland het. As hy Jock of the bushveld kyk, kry die hond meer aandag. Kinders dink en redeneer anders en wil dit wat hulle sien op TV en games toepas in die werklike lewe. Hulle trek hulle n ding ook vreeslik aan en wat gesien word beinvloed hoe hulle binne voel, bly, hartseer of kwaad. Deesdae is elke liewe fliek van die kleingoed net geweld en die een wat teen die ander een veg. Knerses was ons rofste fliek ? Dan praat ons nie eers van die “games” op Xboxe en goed van vandag nie. Iewers moet al die goed beslis n uitwerking op n kind se denke en optrede hê.

Vreeslik erg dat n onskuldige babs so moes sterf.

st ·

Ek stem saam oor die TV kanale wat so vol geweld is. En ja, die ma was ook uiters onverantwoordelik om n baba of haar jong kinders alleen te los sonder enige volwasse toesig.

Louise ·

Volgens ‘n ander berig was sy week of 2 ook aan gekla omdat sy die einste baba dogtertjie laat val het. Sy het die kinders in warm kar gelos, dis skande! Sluit haar toe, maak van haar ‘n voorbeeld.

Die 6-jarige het glo al lankal “probleme”.

Kaufman ·

Maroela het n paar weke terug n artikel geplaas oor die wetenskap van gesigontleding, Physiognomy. Ek wonder wat daardie spesialis oor hierdie vrou sê gesig tesê sal hê.

Amy ·

Ek stem saam met Kaufman en Snel. Die cartoons is vol geweld en karakters wat ‘superpowers’ het. Nou onlangs het Heidi op kykNET begin wys . Die kinders se reaksie: BORING!!! Ons grootmense geniet Heidi meer as die kinders.

m ·

Liewe hel, met alle respek lyk die vrou ook nie baie lekker nie. Hoe de hel wil jy nog babas kry of 62. Is mens nie al n ouma op daai ouderdom nie en hoe los jy n pap baba by n kind. Kinders kan nie kinders oppas nie. Hy het seker ook ma net probeer om sy sussie te laat ophou huil. O nee kyk mens kan ma net jou hande saamslaan vir party mense.

Pieter B ·

Ag asb ‘n vrou van 62 met sulke klein kindertjies hoe los jy inelkgeval ‘n pasgebore baba by ‘n klein kind wat nog self ‘n baba is????

Dorothy ·

ek gaan n kans waag en se dit gaan later uitkom sy het self haar baba vermoor en blameer nou die kind, hoe skud n ses jarige n baba dat die dak vol bloed is en sy klim in die kar en kyk nie een keer of ha baba oraait is nie maar merk dit eers by die huis op rym net nie vir my nie.

Lulu ·

Mits dit regtig die kind was is ñ geldige vraag. Ja kinder tv is nie wat dit was nie maar kyk ñ slag liewe heksie met grootmensoë en besef als was nie rooskleurig toe ons kinders was nie. ñ Kind wat so iets doen het dit defnitief in regte lewe al gesien of is dalk al self so aangerand. Bv: Meeste mans wat hulle vrouens slaan het in ñ huis groot geword waar hulle pa’s geweldadig was. My kinders (en miljoene ander) kyk na baie van die “euwels” op TV maar slaan mekaar nie pap nie. Want dit is nie iets waaraan hulle tuis blootgestel word nie. Ja, die 6 jarige is scarred for life ….. maar dit is die ouers se skuld!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.