Seun deel video ná hy pa moor

Die tiener het twee messe in die kombuis gaan haal en sy pa in sy bed doodgesteek. (Foto: Unspash)

ʼn Tiener van Frankryk is in hegtenis geneem nadat hy sy pa doodgesteek het en beeldmateriaal van die moordtoneel op sosiale media versprei het.

“Die 17-jarige het laat Saterdagaand die polisie gebel en gesê dat hy sopas sy pa in hul gesinshuis doodgesteek het,” het die aanklaer Francois Touroun in ʼn verklaring gesê.

Polisie het die man met verskeie steekwonde in die huis aangetref en kort daarna die seun in hegtenis geneem. Die tiener was glo onder die invloed van alkohol.

Voordat polisie die tiener vasgetrek het, het hy reeds ʼn video van die voorval op sosiale media gedeel. Sowat 40 mense het die beeldmateriaal gesien voordat die polisie dit van alle platforms verwyder het.

“Sielkundiges is aan diegene wat die video gesien het, asook hul ouers, beskikbaar gestel.”

Volgens ondersoekbeamptes het die tiener na sy pa se huis gegaan nadat hy hewig by ʼn partytjie gedrink het. Sy pa woon al vir ʼn geruime tyd alleen nadat sy vrou en hul twee kinders verhuis het. Die tiener het homself by die huis ingelaat, twee messe in die kombuis gaan haal en sy pa in sy bed doodgesteek.

Die jong man het aan die polisie gesê dat hy sy familie se lyding onder die hande van sy pa wat glo gewelddadig geraak het wanneer hy gedrink het, wou beëindig.

Die tiener se ma het glo verlede maand ʼn klag van huishoudelike geweld teen haar man ingedien en ʼn saak by die polisie geopen. Sy het kort daarna saam met haar twee kinders uit hul gesinshuis getrek.

Die tiener is Maandag aangekla van strafbare manslag en die publisering van beeldmateriaal wat verband hou met ʼn misdaad.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Lourens CFG ·

Eintlik volg hy nou ongelukkig in sy pa se voetspore.
Baie jammer eintlik.

Phillip ·

EK sal se die vrou het n saak van mishandeling teen haar man gemaak dan moes die polies hom mos aristeer so die poliesie het gevaal in die vamielie en suen het maar die werk self gedoen . Skuld is by die poliesie

Boerboel ·

Dit klink verskriklik, maar die Polisie het hierdie vrou en haar kinders liederik gefaal. Die man moes onmiddellik gearesteer gewees het. Wie weet wat hulle als moes deurmaak. Die geweld waaraan die seun blootgestel was moes verskriklik gewees het dat hy op so n manier n einde daaraan moes maak..

Misky ·

Jare lange trauma wat sy tol geeis het. Dinge wat daai arme kind dalk moes sien en verwerk het. Hoop hy kry die nodige hulp – regshulp en sielkundig

modiglianigirl ·

Die jong man het aan die polisie gesê dat hy sy familie se lyding onder die hande van sy pa wat glo gewelddadig geraak het wanneer hy gedrink het, wou beëindig.
IRONIES!

Wielspore ·

Van die dag wat ek kan onthou sien ek my pa met hierdie humeur uitbarstings en daaropvolgende geweld. Daar is geen waarskuwings, daar is geen leidrade, dit gebeur net as ons gesin alleen is. ‘n Gewone rit winkel toe kan ontaard bekgeveg en fisiese aanranding met geen werklike trigger, heerlike vakansie by die see kan ook bederf word deur ‘n uitbarsting. Dan kom die dag wat jy moet besluit tussen lewe en dood om hierdie wrede ketting van geweld te breek, ek is 13 jaar oud en saam my ouers by die huis, die houe val, die bloed loop, my ma se stukkende geskeurde klere lê die huis vol, albei haar oë is opgeswel, sy word aan die hare rondgesleep. Ek smeek dat my pa moet ophou, dit het geen impak, dit hou net aan en aan. Ek gaan haal die rewolwer uit die kas, ek smeek weer dat my pa moet ophou, dit hou nog aan, ek trek die sneller, die wapen weier en maak net klik, my pa hoor dit en los my ma. Hy vat die rewolwer by my en en sê, mannetjie, vir jou gaan ek nog doodmaak, hy stap weg.

VaalDonkie ·

So het my ma ook deurgeloop onder haar tweede man. en as sy ‘n saak maak, dan staan hy en die polisie en grappies maak. En dan laat hy die dominee kom om met haar te praat omdat sy “moeilik” is. gelukkig kon ons haar daar uitkry voordat dit so ver gegaan het. Want hy’t al gedreig om ons almal dood te maak. en dan giggel hy en die polisie daaroor. So ja, hoop hierdie seun word vrygelaat sodat ek dalk eendag vir hom ‘n bier kan koop (wanneer hy oud genoeg is).

Belinda ·

Dis verskriklik, daar moes iets wees dat dit die kind gedryf het na dit…
Die seun het dit natuurlik gedoen om sy ma en sy broer / suster te beskerm (vir n goeie rede)

Maar die feit dat hy dit gerecord het en gedeel het op sosiale media is bietjie kommerwekkend.. dis nie natuurlik om so iets te doen en daaroor te spog daarna nie.

Jenny ·

Wielspore – kry asb hulp – gaan na iemand wat kan help. Onderwyser of Polisie of iemand – selfs ‘n familielid – iemand wat jy kan vertrou.

JohanR ·

Se elke dag dankie vir my ouers. Twee meer wonderlike mense kon ‘n kind nie kry nie. Maar dan is daar ouers wat nie die word “ouer” werd is nie! ‘n Kind vat en vat en vat, en dan eendag kry hy die mes uit die kombuis se laai.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.