Oriana Garcia (26) en Jacob Barajas (23) is Maandag in hegtenis geneem vir die moord op Garcia se seun, Jack. Die voorval het glo op 30 Junie gebeur.
Barajas het Jack na bewering aan ʼn stoel vasgemaak nadat hy ʼn stuk verjaarsdagkoek sonder toestemming geëet het. Garcia se vriend, Robert Wilson (30), het Jack erg aangerand. Volgens die polisie is paramedici na die huis ontbied, maar het Garcia hulle weggewys. Sy het glo gesê die seun het net verkoue en het nie mediese behandeling nodig nie.Vier ure later is die paramedici weer laat kom. Jack was bewusteloos en het talle snye en kneusplekke gehad. Hy is na ʼn hospitaal gehaas en die voorval is by die polisie aangemeld. Wilson is kort daarna in hegtenis geneem.
Jack het op 5 Julie in ʼn hospitaal in Washington aan sy beserings beswyk. Garcia het haar seun glo ook in die verlede mishandel, het die polisie gesê.
Nie een van die twee is juis baie klein van postuur nie. Seker baaaie verjaarsdagkoek geëet. Hulle dag sal kom!
Dit is verskriklik!! Oor n stukkie verjaarsdagkoek…. Ek hoop hulle kry wat hulle verdien!
Hierdie arme kind was versaak deur die mense wat hom moes beskerm!!! Hy het nie ‘n kans gestaan nie en dit vir ‘n patetiese stuk koek!! Wat moes in sy hartjie aangegaan het toe sy eie ma en oom dit aan hom gedoen het en dan nog met die hulp van die ma se vriend. Lafaards!! Was seker onder die invloed van dwelms.
Ek wens ek kon die outjie help…my hart is sooo seer vir al die mishandelde kinders, oumense en diere :(
Ek dink hierdie mense en elkeen wat sulke walglike,afskuwelike dinge doen,kort dieselfde medisyne wat hulle so geredelik uitdeel…dieselfde pyn, angs, en marteling wat hierdie kindjie moes deurmaak.
Dit is skokkend … soos hulle die kind op ‘n stoel vasgebind en aangerand het, moet hulle maar hulle beurt op die elektriese ook kry. Ek dink nie baie mense sal ‘n traan daaroor stort nie.
elektriese stoel
Ons het nie genoeg krag vir elektriese stoele nie.
Skerp Cum Laude…. Vlymskerp!
Mens se hart skeur in stukke as jy sulke goed lees. Aaklige mense wat op die aarde rond loop. Dit vir n stukkie koek. Ek is seker dit was nie net die koek nie, maar dat dit n gereelde ding was wat met die seuntjie gebeur het. Dis jammer dat sulke goed nie uitkom en dat bure, familie of vriende iets sê en dat sulke mense gekeer word voor dit te laat is nie.
As ek na foto’skyk lyk vir my of haar vervoermiddel in besemkas gebere word
Siek … siek … siek …. hy is gelukkig nou op ‘n beter plek!