ʼn 11-jarige seun is Woensdag dood nadat ʼn swartmamba hom in Botswana gepik het.
Supt. Takongwa Mazwiduma, polisiewoordvoerder, het aan ʼn Sapa-korrespondent gesê die seun, sy ouma en ander mense was in die Selibi-Phikwe-gebied besig om mopaniewurms uit bome bymekaar te maak toe hulle die slang gesien het. Die seun en sy maats het die slang tot by sy skuilplek agtervolg toe dit omgedraai en die seun gepik het.
Hy is met sy aankoms by die hospitaal dood verklaar.
Mazwiduma het gesê dit is die eerste voorval van sy soort in die gebied. Owerhede is te laat oor die voorval in kennis gestel en kon nie die slang opspoor nie.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
3 Kommentare
Dis tragies. Maar jul foto by die artikel is misleidend. Jul het ‘n foto geplaas van ‘n molslang. Die korrekte foto by die artikel kan mense korrek inlig. Google gerus images van Black Mamba. Die slang is glad nie swart nie, grys met swart in die mond. Vandaar die naam. Dankie
‘n Swart mamba is een van die giftigste slange in die wereld.
Baie aggerstief en baie vinnig, vermy hom as jy kan, die versekerdedood as hy jou pik sonder die regte mediese behandeling binne 20 minute. Sterke aan die Familie.