Seun sterf toe grafsteen op hom val

Polisie op die toneel by Eco County-begraafplaas in Texas Foto: myeasttex.com

Polisie op die toneel by Eco County-begraafplaas in Texas Foto: myeasttex.com

ʼn Vierjarige seun van Texas in Amerika is dood nadat ʼn grafsteen by ʼn begraafplaas op hom geval het.

“Levi Driver het Vrydagmiddag in die Ecto County-begraafplaas gespeel terwyl sy gesin ʼn graf besoek het,” het Steve LeSueur, woordvoerder van Odessa-polisie, gesê. “ʼn Grafsteen, wat nagenoeg 100 jaar oud is, het omgeval en Levi teen die kop getref.”

Die kind is na ʼn hospitaal geneem waar hy dood verklaar is.

Volgens LeSueur ondersoek die polisie die voorval as ʼn ongeluk, aangesien geen gemene spel vermoed word nie.

Dit is nog nie duidelik hoe die grafsteen omgeval het nie, maar dit is in die oudste gedeelte van die begraafplaas geleë.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Peet Schabort ·

Weereens moet ons bereid wees om hieruit te leer. Kinders is kinders en sal opklim teen goed.
As ‘n kind dit nie doen nie dan moet jy hom dokter toe vat want dan is daar fout.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.