Seun sterf toe toestel ontplof

Argieffoto

ʼn 11-jarige seun van Namibië is dood nadat hy met ʼn toestel gepeuter het wat hy in die veld gevind het.

AO Kqaume Iitumba, woordvoerder van die polisie, het gesê Shitani Petrus en drie vriende het Vrydag op die toestel afgekom in ʼn veld terwyl hulle bone geoes het in Epinga in die Omundaungilo-gebied naby die Angolagrens.

Volgens Iitumba het die seuns die  plofbare ronde 40 mm-toestel opgetel en na die huis van een van die seuns geneem. Die oorledene het glo die toestel met ʼn voorwerp gekap waarna dit ontplof het. Die ontploffing het die seun se arm afgeruk en hy is op die toneel dood.

Iitumba het gesê drie ander kinders, tussen vyf en sewe jaar oud, is beseer en in die hospitaal opgeneem. “Daar is steeds plofbare toestelle vanuit die bevrydingstryd wat in die streek gevind kan word.” Volgens Iitumba is die spesifieke toestel van Suid-Afrika afkomstig.

Die polisie het intussen ʼn beroep op inwoners gedoen om nie met onbekende voorwerpe te peuter nie. “Moenie aan vreemde voorwerpe raak nie en stel onmiddellik die polisie in kennis.”

Volgens Iitumba het die Ohangwena-polisie in ʼn ander voorval twee landmyne laat ontplof nadat kinders wat na vee omgesien het Saterdag daarop afgekom het in ʼn veld in Oshikwiyushomaumbo in Engela.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

PTT ·

Nou besef mens hoe belangrik Diana se werk met dié was en is.

Natuurlik ·

Natuurlik afkomstig van die ‘vyand’ en nie die ‘bevryder’.

So jammerte ·

So jammerte, sterkte vir die familie en die maatjies.

marous ·

En die landmyne is seker van die kafee net links van Mars afkomstig …..

Koos ·

Klink soos ‘n mortier. Wonderlik hoe hulle ná die ontploffing kan bepaal dit had ‘n 40 mm deursnee, maar noem dit net ‘n “toestel”?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.