Seuntjie sterf dae ná slang hom pik

Dehun de Wet

ʼn Tweejarige seuntjie van Windhoek in Namibië is dae nadat ʼn sebraslang hom gepik het in ʼn hospitaal oorlede.

Die Republikein berig Dehun de Wet is laat Woensdagaand by die gesin se huis op die Elisenheim-landgoed, noord van Windhoek, deur ʼn sebraslang gepik. Hy is in die Mediclinic Windhoek opgeneem waar hy om sy lewe geveg het.

Louw de Wet, Dehan se pa, het Maandag op Facebook laat weet Dehun is oorlede. “God het ons seun huis toe gevat. Hy is nou by sy ware Vader waar hy al die liefde van God se koninkryk beleef. Dankie vir sy wonderwerk.”

Volgens De Wet is hulle van voorneme om ʼn trust te skep om hulp te verleen met slangbyte. “Die wêreld sal weet dat Deon Heunis de Wet teen alle verwagting 108 uur lank geleef het nadat hy deur ʼn sebraslang gepik is. Ek offer my kind aan God, soos Abraham, met die groter prentjie in my hart.”

De Wet het nog Sondagaand laat gesê dit gaan baie goed met sy seun. “Hy is rustig en sy vitals is stabiel. Velkleur is besonders mooi wat beteken bloedsirkulasie is goed. Swelling ook redelik af. Hy is nog steeds baie kritiek in ICU en alles kan te eniger tyd verander. Asseblief, hou aan bid, want dis letterlik al wat kan help! Prys die Here ons almagtige God!”

Dehun laat behalwe vir sy pa ook sy ma, Denené, en ‘n boetie agter.

Die sebraslang se gif is gevaarlik sitotoksies en veroorsaak ernstige weefselskade.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Gesiggie ·

Woorde is min… en trane is baie”’ wat kan n mens doen om Mamma en Pappa se hartseer beter te maak, my innige meegevoel aan jul, die blou oggies straal nou van geluk, want Jesus het sy mooiste blom kom pluk. RIV klein Dehun Engel kind…. Sterkte aan jul as n gesin, mag God jul dra deur die hartseer tyd.

LD ·

Sterkte aan julle! Mag Liewe Jesus julle styf vashou nou en vir altyd!!!

Sandy ·

Deur net te lees wat die seuntjie se pa se, kan mens sien God is die heerser in hulle lewens. Geen verwyte, net aanvaarding, al moet dit hoe moeilik wees. Gods rykste seen oor julle gesin.

Helene Heyns ·

Ek stem saam, Sandy. Daar sal dae kom van bittere hartseer maar Jesus sal hul dra as die las te swaar word. Vou hul toe in U kosbare arms, o Heer en vertroos hul stukkende harte. Sterkte.

Aletta ·

Sjoe…ons verstaan nie. Maar wat n getuienis van dié Pappa!!

toy ·

Ek wil sommer in trane uitbars. Here omvou asb hierdie familie en maak hul sterk in hierdie hartseer tyd.

lee ·

‘n Regte ou Engel-gesiggie..dié pragtige ou witkop seuntjie.
Rus in Vrede..
So hartseer.

humor ·

My meegevoel met die ouers en boetie. Dankie vir jul getuienis. Weet sommer jul verhouding met ons VERLOSSER en HEMELSE VADER is opreg. Hoop hulle het die ding behoorlik vakant gemaak. In dele van Namibie is hul te veel en kruip gedurig in huise in. So hulle kan maar bietjie uigeroei wrd.

wonder ·

Soos sy pa se, Ons vader het sy kind kom haal? Alle sterkte vorentoe, ons harte gaan uit na julle.

Me ·

Sjoe julle dit was vir ons almal hier in WHK baie erg. Ek dink ons almal het die storie gevolg en whatsapp dop gehou om te hoor wat gaan aan. Ons hele kantoor het gehuil toe ons hoor van Dehan. Maar soos almal se hy is nou op n beter plek. Mag mamma pappa en boetie vertroosing vind om te weet dat hy styf in Liewe Jesus se arms is

Popsa ·

Julle is in ons gedagtes en gebede, liewe Pappa, Mamma, Boetie, Oupas en Oumas. Ons huil saam met julle…

Nassie van Rooyen ·

Watter ongelooflike getuienis in hartverskeurende omstandighede: voorwaar n getuienis dat ons gebede krag dra.

En ja. So het ek reeds die Snake app op my foon afgelaai en ek glo n groter bewuswording is geskep. En ja. Ook die zebra slang is n maaksel van God.

Daardie oor-die-honderd ure is dan vir ons wat gebid het die TEKEN dat ons gebede wel krag gedra het vir n spesifieke rede, alhoewel die boetatjie na sy rerige Vader is.

Die knapie se stryd het BAIE geraak, alhoewel ons harte bitter seer is besef ons:
U het die gesin gekies. U sien waarde in hulle getuienis. Amen.

Hennie ·

So jammer dat ‘n jong seun sy lewe so moes verloor, maar positiewe ouers dra ‘n sterk boodskap uit, Mag God julle seen in oorvloed!

Kokkie ·

My baie innige en opregte meegevoel. Mag God julle deur hierdie verskriklike seer tyd vertroos en dra.

$killiekindNL ·

Arme kind. R.I.V. , my maat. Dankie dat julle(ouders van Dehan) hom gehelp het. Mag GOD julle seen en help deur hierdie moeilike tyd. :-)

Werner Ferreira ·

Baie sterkte en troos word julle toegebid in hierdie hartseer tyd!…Mag ons Hemelse Vader julle toevou met Sy troos en liefde!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.