Sewe dood ná weerlig hulle tref

Argieffoto

Argieffoto

Ses kinders en ʼn volwassene is in Zimbabwe dood nadat weerlig hulle getref het, het die staatsuitsaaier Dinsdag berig.

Die Zimbabwe-uitsaaikorporasie het in sy aandnuus gesê die ses kinders was tussen vier en 11 jaar oud.

Die voorval het Maandagmiddag in Mugwinyi in Bikita plaasgevind. Die sewe persone het in twee grasdakhutte skuiling gesoek toe die weerlig hulle getref het.

Drie mense is reeds in Zimbabwe dood sedert die reënseisoen in Desember begin het. Dele van Zimbabwe, insluitend die hoofstad Harare, het erge storms en swaar reënval die afgelope week beleef.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

scalla ·

tragies, natuurlike frats, sa regering het weerlig mos ondersoek na die geval in natal, wonder wat was hul bevinding en oplossing?

Paul ·

Ek glo die verslag sou beweer dat weerlig beslis rassisties is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.