Sewe familielede sterf toe weerlig hulle tref

Argieffoto

Argieffoto

Vier kinders en drie vroue van een familie is Vrydag dood toe weerlig hulle in Meksiko getref het, volgens plaaslike owerhede.

Nog ʼn kind en ʼn 26-jarige vrou is beseer, het AFP berig.

Die slagoffers was besig om tydens ʼn donderstorm in ʼn veld te werk in die bergagtige dorpie, Mesa Cuata, in Guanajuato.

Die kinders was drie, vyf, nege en 14 jaar oud. Die vroue was 19, 32 en 44 jaar oud.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.