Sewe sterf in brand by hospitaal

(Argieffoto: Jossué Trejo/pixabay)

Minstens sewe Covid-19-pasiënte is Saterdag dood toe ʼn brand by ʼn hospitaal in Kaïro, Egipte, uitgebreek het.

Sekuriteit- en regsbeamptes het gesê die brand het in die hoësorgeenheid van die hospitaal in Obour uitgebreek. Nog vyf persone het beserings opgedoen.

Die oorsaak van die brand is nog nie bekend nie. ʼn Ondersoek is van stapel gestuur.

Plaaslike media het berig brandbestryders is ontbied en kon verhoed dat die brand na die res van die hospitaal versprei.

Egipte het tot dusver 130 126 Covid-19-gevalle, insluitend 7 309 sterftes, aangemeld. Gesondheidsfasiliteite in die land is onder druk weens die toename in getalle.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.