Sewe sterf toe skote by partytjie klap

Sewe mense is dood ná ’n massaskietvoorval in Colorado Springs in die VSA. (Foto: Jerilee Bennett / The Gazette, Facebook)

Ses mense is dood toe ’n gewapende man Sondagoggend op partytjiegangers in ’n woonwa in Colorado Springs in die VSA losgebrand het. Die man, wie se identiteit nog nie bekendgemaak is nie, het homself na afloop van die aanval geskiet en is later in die hospitaal dood.

Luidens ’n polisieverklaring was die man in ’n verhouding met een van die slagoffers.

“Die verdagte het na die woonwa gery waar die gesinne byeengekom het, ingestap en op partytjiegangers begin skiet.

“Kinders wat ook die partytjie bygewoon het, is nie in die aanval beseer nie en tans in die sorg van familielede. Die slagoffers se name is nog nie bekendgemaak nie,” lui die verklaring.

’n Vrou wat ook in die woonwapark bly, het glo aan polisiebeamptes gesê dat die skote, wat haar laat wakkerskrik het, soos ’n donderstorm geklink het.

“Polisiebeamptes wat na die toneel ontbied is, is steeds geskok. Dis iets wat jy hoop nooit in jou eie gemeenskap sal gebeur nie,” sê Vince Niski, Colorado Springs se polisiehoof.

Die stad se burgemeester, John Suthers, het ’n beroep op die gemeenskap gedoen om vir die slagoffers en hulle families sowel as polisiebeamptes te bid.

“Hierdie sinnelose gewelddaad het ’n gemeenskap in rou gedompel.”

Die polisie het bevestig dat hulle die voorval ondersoek, maar kon nog nie die motief vir die aanval vasstel nie.

Dié aanval is die derde massaskietvoorval in Colorado Springs sedert 2015.

Die VSA het die afgelope paar maande onder talle skietvoorvalle deurgeloop.

Pres. Joe Biden het vuurwapengeweld in die VSA as ’n “epidemie” en “internasionale skande” bestempel.

Daar is die afgelope jaar reeds meer as 43 000 vuurwapenverwante sterftes in die VSA aangeteken. Dit sluit in mense wat vuurwapens gebruik om hulself om die lewe te bring.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

2 Kommentare

jongste oudste gewildste
JM

Gedink Suid-Afrikaners is “trigger happy.”

Grant

Hoe erger dit daar gaan hoe meer wapens koop hulle. Dink wapen verkope is n baie goeie mark om in te wees daar. Veral nou dat soveel polisie lede bedank en afgedank word, dalk is die wilde weste weer oppad terug?