Die dodetal ná Sondag se agt bomontploffings in Sri Lanka het tot meer as 200 gestyg en sewe mense is reeds in verband met die aanvalle in hegtenis geneem.
Twee polisiebeamptes is ook dood toe wetstoepassingsagentskappe op ʼn huis in Dematagoda, die gebied buite Colombo waar die agtste bomontploffing plaasgevind het, toegeslaan het. Drie kerke, drie luukse hotelle en ʼn gastehuis is onder meer in die aanvalle geteiken.
Die Chinese media berig intussen ʼn Chinese burger is een van die oorledenes en dat minstens vier van sy burgers in die aanvalle beseer is. Portugal het ook bevestig dat een van sy burgers in die aanvalle dood is. Suid-Afrika se departement van internasionale betrekkinge en samewerking sê hy probeer steeds vasstel of enige Suid-Afrikaners in die aanvalle dood of beseer is.
ʼn Aandklokreël geld van 18:00 tot 06:00 ná die aanvalle. Winkels was gesluit en die strate in Colombo verlate voor die aandklokreël van toepassing sou wees.
Pres. Donald Trump het sy innige meegevoel met Sri Lanka betuig en gesê Amerika is gereed om die land by te staan.
Terwyl niemand nog aanspreeklikheid vir die bomaanvalle aanvaar het nie, sal die Tamil-minderheidsgroep sterk verdink word van betrokkenheid.
Die Tamils is ʼn minderheidsgroep wat anders as die Singalese meerderheid, Hindoes is, terwyl die Singalese Boeddhiste is.
Die Tamils het 26 jaar lank ʼn burgeroorlog gevoer, en was die eerste groep wat van selfmoordbomaanvalle gebruik gemaak het. Van die jongste aanvalle blyk ook selfmoordbomaanvalle te wees.
Die feit dat drie Christelike kerke juis oor die Paasfees geteiken is, skep egter ander moontlikhede. Sowat 7% van die bevolking is Christene, van wie ʼn deel weer tot die Burghers behoort, ʼn groep met diep wortels in die eertydse Nederlandse koloniste.
Ook die Moslems, bekend as die More, kan ʼn beduidende faktor wees. Daar was juis onlangs konflik met Moslems.
Lees gerus ʼn agtergrondstuk deur Herman Toerien hier waarin die herkoms van die Burghers ook uitgelig word.
Aandklok reël. Kan jy nou glo. Om wie uit te hou???
Om die mense van die straat af te hou en verdere lewensverlues te voorkom. Indien daar nog ontploffings is
Puik werk deur hulle polisie en tragies van die wat gesneuwel het in die uitvoer van hulle pligte sa parasiete in blou kan by hulle leer.Ek gaan n raaiskoot vat en sê die vredeliewende anti agrisiewe moslems wat verantwoordelik.
Puik werk? Jy grap seker
Ek sit my geld op die lede van die “religion of peace”! Wenk: daardie ouens wat “Allen’s snack bar” skree voor hulle hul tereurdade pleeg.