Sewol-ramp: Veerbootkaptein sit lank

Foto: Suid-Koreaanse Kuswag

Foto: Suid-Koreaanse Kuswag

Die kaptein van die Suid-Koreaanse veerboot, die Sewol, is tot 36 jaar gevangenisstraf gevonnis.

Meer as 300 mense het in die ramp omgekom toe die Sewol op 16 April omgeslaan het. Die boot was oorlaai. Nege mense word steeds vermis. Die soektog is afgelas omdat omstandighede te gevaarlik vir die duikers geword het. Net 172 van die 476 passasiers kon gered word.

Die aanklaers wou die kaptein, Lee Joon-seok, aan moord skuldig laat bevind en het op die doodstraf aangedring, maar hy is aan ernstige nalatigheid skuldig bevind.

Bronne: ANP, The Guardian.

Klik hier om vorige berigte oor die voorval te lees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.