‘Sex and the city’-akteur (57) sterf

Willie Garson. (Foto: Dee Cercone/Everett Collection/Facebook)

Willie Garson, bekend vir sy rol as Stanford Blatch in die gewilde televisiereeks Sex and the city, is Dinsdag in die ouderdom van 57 dood.

Sy seun, Nathen Garson, asook ʼn woordvoerder vir die televisienetwerk HBO, het die nuus bevestig.

Hoewel die presiese oorsaak van Garson se dood nie bekend gemaak is nie, is dit alombekend dat hy ʼn stryd teen kanker gevoer het.

Garson was besig om te werk aan die nuwe Sex and the city-reeks getiteld And just like that, waarin hy die rol van Carrie Bradshaw (vertolk deur Sarah Jessica Parker) se vriend Stanford vertolk.

Garson het ook rolle in NYPD Blue en White Collar gehad.

Talle bekendes het hulle medelye teenoor Garson se familie uitgespreek nadat die nuus van sy afsterwe aan die lig gekom het.

“Ek het jou so lief, pappa. Rus in vrede, ek is so bly dat jy al jou avonture met my kon deel en dat jy soveel kon bereik. Ek is so trots op jou. Ek sal jou altyd lief hê, maar nou is dit tyd vir jou om ʼn avontuur op jou eie aan te pak,” het Nathen op Instagram geskryf.

“Willie Garson was in die lewe en op die skerm ʼn toegewyde vriend en ʼn helder lig vir almal in die heelal,” het ʼn woordvoerder van HBO in ʼn verklaring gesê.

“Hy het een van die mees geliefde karakters in die HBO-panteon geskep en was ʼn lid van ons familie vir byna 25 jaar. Ons betreur sy afsterwe en betuig ons innige meegevoel aan sy familie en geliefdes.”

Willie Garson en Sarah Jessica Parker in ‘n toneel uit ‘Sex and the City’. (Foto: IMDb)

Bron: The Daily Mail, BBC

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

2 Kommentare

jongste oudste gewildste
Skappie

Sterkte aan sy gesin, en vriendekring. Mag onse Liewe Jesus julle styf vashou in hierdie moeilike tyd wat vir julle voorle.

Toy

Innige simpatie aan sy gesin en familie.