Shakespeare se skedel vermoedelik gesteel

Jon Ormrod, 'n navorser, by die graf van William Shakespeare. Foto: AP Foto/Kirsty Wigglesworth

Jon Ormrod, ‘n navorser, by die graf van William Shakespeare. Foto: AP Foto/Kirsty Wigglesworth

Argeoloë wat onlangs die graf van William Shakespeare bestudeer het, het ʼn verrassende ontdekking gemaak – dit lyk asof die skedel weg is.

Die navorsers het gronddeurdringende radar gebruik om in die beroemde dramaturg se graf in Stratford-upon-Avon se Holy Trinity Church in te kyk. Kevin Colls, die studieleier, het gesê die span het ʼn “vreemde versteuring by die kop” opgemerk.

Hy het gesê die ondersoek lei tot die gevolgtrekking dat Shakespeare se skedel gedurende die 18e eeu deur grafrowers gesteel is. “Dit is vir my baie, baie duidelik dat die skedel gewis nie in die Holy Trinity-kerk is nie,” het Colls gesê.

Patrick Taylor, die kerk se predikant, het gesê hy is nie oortuig dat daar genoegsame bewyse is dat die skedel gesteel is nie. Hy het ook vasbeslote gesê dat daar geen planne is om die graf “te versteur” om uit te vind nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Nic Grobler ·

Hy was dalk met “die versteuring by die kop” en al begrawe?

Johannes Meintjes ·

Het iemand al mooi gaan huiswerk doen om te weet waarom daar grafte onder sommige kerke of preekstoele is … ?

Retief ·

Maak dit nou eintlik saak? Dra dit enigiets by tot enigiemand se heil as ou Shakespeare nou koploos is of nie is nie?

Jef ·

In die 18 en 19 de eeu het hulle die ryk mense dus mense met aansien onder die kerk begrawe en arm mense is buite die kerk begrawe.
Maar op den duur het daar n baie onaangename geur in die kerk ontstaan en jy kan jou voorstel dat dit nie n aangename kerkdiens was vir die mense nie, vandaar dat in die Nederlandse volksmond gepraat word van rijke stinkerds.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.