Sikloon Idai: ‘Meer internasionale hulp benodig’

Mense dra hul persoonlike besittings deur die vloedwater in Beira, Mosambiek nadat sikloon Idai die gebied getref het [15 Maart 2019]. (Foto: Denis Onyodi/IFRC via AP)

Sikloon Idai het Mosambiek, Malawi en Zimbabwe net meer as ʼn maand gelede getref en volgens Amnestie Internasionaal moet die internasionale gemeenskap meer doen om diegene wat geraak word te help.

Meer as ʼn 1 000 mense is dood, talle word steeds vermis en duisende mense is haweloos gelaat. Sikloon Idai het die aand van 14 Maart die eerste keer aan land gekom en daarna ʼn spoor van verwoesting oor die drie Suider Afrika- lande gelaat.

Deprose Muchena, Amnestie Internasionaal se streeksdirekteur van Suider Afrika, het gesê belangrike infrastruktuur soos skole, hospitale, paaie, sanitasiegeriewe en kommunikasienetwerke is in die sikloon beskadig of vernietig.

Duisende hektaar se gewasse is vernietig en is daar kommer dat dit tot erge voedseltekorte kan lei in die komende maande.

“Sikloon Idai het erge lyding veroorsaak en selfs meer chaos in sy nadraai veroorsaak. Terwyl internasionale hulpagentskappe en buitelandse en die geaffekteerde regerings in ʼn wedloop teen tyd gewikkel is om meer mense te red, word baie meer finansiële en tegniese hulpbronne benodig om te verseker dat mense toegang het tot noodsaaklike dienste.”

‘n Pad in Nhamatanda sowat 50km van Beira in Mosambiek wat tydens die sikloon beskadig is. Foto: AP Photo/Tsvangirayi Mukwazhi

Volgens Muchena is nog net sowat $88 miljoen van die $390 miljoen wat benodig word, al ontvang. “Dit is duidelik dat Malawi, Mosambiek en Zimbabwe nie die sikloon se verwoestende nasleep op hul eie kan hanteer nie. Die internasionale gemeenskap het hulp gestuur, maar dit nie genoeg om die vernietigende impak van die sikloon te takel nie. Meer hulp is noodsaaklik om menseregte te beskerm,” het Muchena gesê.

Duisende cholera-gevalle is na afloop van die sikloon in die drie lande aangemeld en het al tot talle sterftes gelei.

“Duisende mense sukkel steeds om hul basiese behoeftes te bevredig, aangesien hulle steeds voedseltekorte en toegang tot skoon water ondervind, wat gesondheidsrisiko’s inhou. Meer internasionale hulp is nodig om te verseker dat mense noodsaaklikhede soos kos, drinkwater en mediese voorrade het.

“Die situasie wys hoe mense se regte in gevaar is en dringend beskerm moet word, nie net nou nie maar ook in die komende maande wanneer die gevolge van die sikloon steeds gevoel sal word,” het Muchena gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Eugene ·

Ek is geen hartelose mens nie
My eenkant bejammer die treurige situasie
My anderkant sien SA oor n 100 jaar wat die buitellanders smeek om basiese hulp, die mense wie se voorouers hulle hier verjaag het…

marous ·

Nog nooit gehoor van ‘n afrika land wat geld insamel vir nood nie . Die hulp moet uit die sakke van die wittes kom wie hulle openlik vervloek . Gee gee gee en voessek voessek is al wat hulle ken , en dis die waarheid .

J ·

Verjaag die blanke boer, vermoor links en regs, maar die westerse, die blanke moet jul nou help??

Herman ·

Dit wil voorkom of europa nie meer so bonstaan om die mense van afrika te help soos n paar jaar terug. Ek wonder hoekom?

Hanna Hoekom ·

Wel, Afrika spoeg gereeld vuur in hierdie lande se rigting! Afrika haat mos alles uit die “Weste” en blameer al wat n Afrika-tragedie is op hulle. Maar stuur tog net julle geld asb! Omtrent hoogtyd dat Afrika die middelvinger begin kry.

Peet Schabort ·

Ook ek het met rioolprobleme plaaslik in die swart woongebied vir ‘n paar jaar probeer help deur selfs die media te betrek. Ek het ure en dae spandeer daaraan tot 6 Des 2017 terwyl ek weer besig was om foto’s te neem daar vir my dreigend en duidelik laat verstaan is: ‘We do not want you here!’ Selfs my iPhone is uit my hand geklap! Maak nou maar ‘n afleiding hoe ek daaroor voel. Wanneer ek nou daar verby ry stink dit lekker van die riool . . . Dalk wil hulle dit so hê?

HPV ·

Kan die lande nie self bietjie skouer aan die wiel sit nie? Moet almal altyd inspring en help? Dit is in elk geval Suid Afrika se voorland soos dit alreeds hier gaan, die pas sal in elk geval versnel met die eff/blf in die prentjie en die anc wat spring as hulle “demand” en niks doen as hulle opsweep, betoog en brand nie.

Hanna Hoekom ·

Alle geldelike hulp moet onmiddellik na Zimbabwe opgeskort word. As daar geld is om Mugabe in n duur hospitaal in Asie te kan laat behandel en boonop £22 000 op pruike vir Zimbabwe se regters te kan bestee… Dan is daar mos geld! Julle voedseltekorte en gebrekkige infrastruktuur was al daar voordat die sikloon getref het. Nice try!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.