Sikloon Idai: Minstens 24 dood, 40 vermis in Zim

Idai oor sentraal Mosambiek om 10:00 op 15 Maart 2019 (Foto: Eumetsat via SA Weerdiens)

Minstens 43 persone is in die ooste van Zimbabwe en sentraal Mosambiek dood ná die tropiese sikloon Idai die gebied Vrydagaand en Saterdagoggend getref het.

Minstens 24 persone is in die ooste van Zimbabwe, in Chimanimani, dood weens oorstromings. Ongeveer 40 persone word in die land vermis, het die ministerie van inligting Saterdag op Twitter bevestig.

Verskeie huise en strate is oorstroom. Reddingsdienste probeer Chimanimani naby die Mosambiekse grens bereik, maar word vertraag omdat brûe meegesleur is in die vloedwater.

Minstens 19 persone is dood toe Idai sentraal Mosambiek Vrydagaand getref het met windsterkte van tot 160 km/h. Ongeveer 70 persone is ernstig beseer, het die goewerneur van die betrokke provinsie Sofala, Albert Mondlane, Saterdag aan ʼn radiostasie gesê.

Die storm het direk oor Beira beweeg waar 500 000 inwoners bly en kragtoevoer en kommunikasiekanale is afgesny.

Dit is nog nie duidelik hoeveel skade die storm veroorsaak het nie.

Reddingsorganisasies is besorg dat tienduisende persone haweloos gelaat kan wees ná die storm.

Meer as 50 persone is in Malawi dood.

Die sikloon beweeg steeds oor Zimbabwe maar is besig om sterkte te verloor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Dries du Toit ·

Ai tog. Die land het niks nou moet hulle nog opbou waar niks was nie

Ellisras ·

Dit is ook die rede hoekom dit nie in die weste van Limpopo reën nie. En nog die volgende 2 weke nie gaan reën nie. Siklone /tropiese storms konsentreer die reën in een plek en bevoeter die res.

Jean ·

Dis die rede vir die stage 4 loadshedding, is miskien die feit dat Suid-Afrika elektrisiteit uit Mosambiek invoer, meer spesifiek van die hidro-elektriese kragsentrale by die Cahora Bassa-dam direk na die Apollo krag verspreiding stasie in Johannesburg. Hierdie tropiese Cyclone Idai het heelmoontlik dal ernstige skade aan kragdraadlyne gemaak het. Dus dit is die rede waarom ons op stage 4 die naweek is.

Cherokee ·

Soos Zimbabwe van uitvoerder na invoerder verander het, doen Suid Afrika ook nou.

Phil ·

Dit is eienaardig dat hulle slegs 40 persone as vermis verklaar in Zimbabwe. Wat van die derduisende wat hier in ons land is, word hulle nie ook vermis nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.