Sikloon Idai: ‘Ons moet onsself staal’

Slagoffers soek skuiling in ‘n beskadigde gebou naby Nhamatanda sowat 50km van Beira in Mosambiek. Foto: AP Photo/Tsvangirayi Mukwazhi

Met vloedwater wat besig is om af te neem in sekere dele van Mosambiek, is daar kommer dat nog lyke gevind sal word.

Die bevestigde dodetal nadat sikloon Idai Mosambiek, Zimbabwe en Malawi getref het, staan op meer as 600.

Elhadj As Sy, sekretaris-generaal van die Rooikruis, het gesê die hulpverleningspogings tot dusver “weerspieël nie naastenby die omvang van die probleem nie” en dat behoeftes waarskynlik in die komende weke en maande sal toeneem. “Ons moet onsself staal,” het hy gesê.

Helikopters word intussen steeds ingespan om mense wat op dakke en in bome vasgekeer is te red.

‘n Pad in Nhamatanda sowat 50km van Beira in Mosambiek wat tydens die sikloon beskadig is. Foto: AP Photo/Tsvangirayi Mukwazhi

Water- en sanitasiegeriewe is grootliks vernietig en wateroordraagbare siektes is nou rede tot kommer.

António Guterres, sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies (VN), het ʼn beroep gedoen op hulp vir die slagoffers van Idai en gesê die VN en sy hulporganisasies het hul pogings verskerp, maar dat meer internasionale steun benodig word.

“Die situasie is eenvoudig verskriklik. Daar is geen ander manier om dit te beskryf nie,” het As Sy gesê.

Die dodetal is Mosambiek het tot 293 gestyg met talle mense wat vermis word. Die dodetal kan na verwagting tot meer as ʼn 1 000 styg. In Zimbabwe is minstens 259 mense reeds dood en in Malawi staan die dodetal op 56.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Lorraine de Klerk ·

Al wat ons kan doen is bid dat die Here wonderwerke sal laat geskied. Ek hoop Suid-Afrika plaas hule huislike probleme vir n rukkie opsy en dat die weermag en noodpersoneel afgevaardig is om hulp te verleen. So n ramp kan ons land ook tref. Ons kan net die Here dank dat dit nie die geval is nie.

humor ·

Besef tog SA kan homself nie eens meer self help nie. Vertel al die mislukkings en veral die leurlopende beurtkrag nie vir ons die ware verhaal nie.

Marinda ·

Dis skrikwekkend.
Sterkte aan al die mense wat deur hierdie sikloon getref is, wie se lewens omver gegooi is.
Ek kyk na hierdie fotos en besef dis wat ek wil doen, maar omstandighede buite my beheer op die huidiglike oomblik laat dit net eenvoudig nie toe.

James ·

Ek hoor dit is die wit mense se skuld.. so se die BLF op news24

Michelle leR ·

Ja, as hy sy kar, horlosie, Westerse klere, Westerse kos, lopende water? , krag….? internet, telefoon, boeke, ens sal terug gee. Dan kan ons erken almal het koolstof voetspoor. En o ja, gronderosie, oorbeweiding afkap van bome, vuurmaak, besoedeling, plastiek rondstrooi tel natuurlik glad nie…..
As ‘n meteor die aarde tref sal dit seker ook witmense se skuld wees………
Ek verstaan net nie hoekom die media die knaap so baie lugtyd gee nie.

Waarheid ·

Jip blf moet passop want ek stuur sommer n sikloon na sy huis toe want lyk my ons kan! Self nie besef ons kan dit doen nie.

Johanna ·

Stuur die eff en blf om te gaan help want malema soek grond en die blf sê dit is die wittes se skuld. So hulle kan gaan help

Koos de Meyer. ·

Natuurlik was ons oryx helicopters daar om te help. Daarvoor is ons goed genoeg, ons belastingbetalers betaal maar weer vir Afrika. Hartseer maar die Blf moet maar hulle woorde sluk. Die wiel draai, wat het hulle gesê oor Driehoek hoër skool.

jean ·

Ongelukkig is daar nie meer ‘n weermag met die nodige hulp nie….laat China, wat die gelfte van Afrika besit nou maar inspring..

jennefer ·

My broer het verlede jaar in Australia n sikloon beleef. Mense het hul huise beveilig en toe met troeteldiere na hoogliggende plekke uitgewyk. Is die mense van Mozambique ooit.gewaarsku, hul het tog seker radio,s.?Het hul regerings enige noodmaatreels getref?

Jan Seerot ·

Geagter Jennifer, daar is hoogliggende plekke in of naby Beira nie.
Die mense is brandarm. Almal van ons in Mosambiek het gewag vir die dekselse sikloon. Mens kan net soveel doen.
Met YHWH se genade is ons in Quelimane gespaar.
Mosambiek is arm, die mense is arm.

Hierdie kultuur is baie ver van SA s’n.

Groete

Lag ·

Wonder hoe gaan blf in loincloth lyk want fabrieke wat klere maak besoedel die lug en veroorsaak siklone deur ons wittes!@

Irma ·

Die knaap moet passop as die wittes dan soveel kragte het kan ons mos ‘n ordentlike weerligstraal na hom toe stuur . Sooo ou pêl, tel jou woorde ons kom….

Diertjie ·

As ek darem daai mag gehad het wat die blf se ons het….sou jy darem sports gesien het ek sou dit verseker aangewend het. ?

R ·

So ontvang mens hulp van die natuur. Mens moet die natuur los dat hy sy gang gaan.

Dada ·

Ek, ‘n mikroboer bekyk elke dag sowat 6 weerblaaie. Het 2 weke gelede die ramp sien kom – maklik. Die dwase wat in gemaklikheid hierdie lande ‘regeer’ is te blaam. Voel vir die slagoffers. In Amerika sou die siele ontruim word. Hier neem dit week vir die nuus! Dink 10 000 lewens weg.

jan ·

wonder waar is blf se voorvaaders dat hulle ditnie gekeer het.

JAN ·

Toe kry Moz die reēn en ons Kalahari net die moskiete!!
ALLES stoute ou apart hate se skuld
Grappie.

Irma ·

Ek het nog geen berigte gesien dat die knaap vd blf sy hulp en kundigheid gaan aanbied in Moz nie. Alweer beste stuurman aan wal. Shame….

Gert van Wierdapark ·

Die Bfl is nutteloos verby. Die naam se alles. He-he-he

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.