Sinéad O’Connor word vermis

O’Connor in 1987 (Foto: Fotograaf onbekend. Versprei deur Chrysalis Records – Worthpoint, Public Domain via Wikimedia Commons)

JONGSTE: Die polisie in Wilmette het Maandag bevestig Sinéad O’Connor is weer gevind.

Die polisie in ʼn buurt in Chicago, Amerika is op soek na die Ierse sangeres, Sinéad O’Connor wat Sondag verdwyn het.

Wilmette-polisie het in ʼn kort verklaring bevestig hulle is op soek na die 49-jarige vrou wat verdwyn het nadat sy Sondagoggend om 06:00 met haar fiets gaan ry het en nie weer teruggekeer het nie.

Volgens die polisie is hulle op soek na O’Connor “om haar welstand te bevestig”.

Volgens die polisie is geen verdere inligting beskikbaar nie.

O’Connor het in November 2015 op Facebook ‘n inskrywing gemaak dat sy ‘n oordosis pille gedrink het. “Ek is in ‘n hotelkamer, iewers in Ierland, onder ‘n ander naam. As ek hierdie nie geskryf het nie, het my familie en kinders nooit geweet nie.”

Sy het in 1990 wêreldwye bekendheid verwerf met die liedjie “Nothing Compares 2 U”, wat deur Prince geskryf is.

Sy het 10 solo-albums opgeneem en dwarsdeur haar loopbaan ook hoofopskrifte gehaal met omstrede uitlatings. Sy het ʼn foto van pous Johannes Paulus II tydens ʼn regstreeks televisie-uitsending opgeskeur. Sy het die Katolieke kerk al sterk veroordeel vir sy hantering van die kindermishandelingskandaal.

O’Connor het in 2012 ernstige persoonlike probleme ondervind en uiteindelik ʼn wêreldtoer gekanselleer.

Lees meer: USA Today, The Guardian, CNN
https://youtu.be/-ZCiHsIfrOg

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Neene ·

Ek is bly sy is fisies gevind, maar dit klink asof sy haarself nog emosioneel moet vind as ek haar storie so vinnig lees.

SNEL ·

Hartseer dat mense met wonderlike talente altyd na pille en ander goed gryp. Wens hulle kan sien met watse skat hulle gebore is wat hulle so baie mee kan doen, in plaas daarvan om n einde aan alles te wil maak.

Bly om te hoor sy is veilig gevind.

christine ·

Joe en dis nuus lyk my media vryheid is klaar in sy maai. Te oordeel aan die berig en die vorige een

jaco ·

hoe kan mens met al daardie rykdom n spul pille gaan drink? as ek so ryk was soos sy, sou ek net een soort medikasie drink: die medikasie wat my so lank as moontlik aan die lewe kan hou sodat ek my geld ten volle kan geniet

SkarrelKind ·

Jaco, ek dink roem is verwoestend as mens nie weet hoe om dit te hanteer nie en ek dink na aan leiding van wat mens lees, baie kreatiewe mense het ‘n soort depressie wat hulle soms aanvuur om die tipe goed te skryf wat hulle skryf. Wie sal tog kan sê? Kyk vir Robin Williams as nog ‘n voorbeeld …

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.