Siriese vlugtelinge in Libanon haal miljoen-merk

Sirië

Sirië

Die VN het aangekondig dat die aantal geregistreerde vlugtelinge van die Siriese burgeroorlog in Libanon tot ‘n miljoen toegeneem het.

Na raming is daar nou wêreldwyd nege miljoen vlugtelinge uit Sirië. Die meeste is in Turkye, Jordanië en Libanon.

Volgens die VN het sowat 450% van alle Siriërs reeds hul huise verlaat sedert die burgeroorlog drie jaar gelede uitgebreek het. Libanon, met ‘n eie bevolking van 4 miljoen, huisves nou tot verhouding van sy eie bevolking die meeste vlugtelinge ter wêreld. Afgesien van die Siriërs is daar ook nog Palestynse vlugtelingkampe, terwyl onder meer Armeniërs en Koerde ook na Libanon gevlug het.

“So ‘n groot toestroming van vlugtelinge het op enige land ʼn groot impak. Op ‘n klein landjie soos Libanon is die impak duiseligwekkend,” aldus Antonio Guterres, die VN se Hoë Kommissaris vir vlugtelinge.

Hoofbron: Trouw

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.