Siriese vlugtelinge nie welkom in Golfstate

'n Vlugtelingkamp in Jordanië. Foto: NRC Middle East/Facebook

‘n Vlugtelingkamp in Jordanië. Foto: NRC Middle East/Facebook

Terwyl Europa steier onder die druk van meer as ʼn miljoen vlugtelinge, tree die Arabiese Golfstate, van die rykste lande ter wêreld, afkeurend teen die vlugtelinge op.

Vlugtelinge uit Sirië staan voor geslote grense sodra hulle na Saoedi-Arabië, Koeweit, Bahrein, die Verenigde Arabiese Emirate, Katar of Oman wil vlug. Daar is geen manier om in dié lande asiel te soek nie.

Volgens berigte het hierdie lande sedert 2011 net 33 Siriese vlugtelinge opgeneem.

Siriërs kan met hulp van toeriste- en werkvisums in hierdie lande inkom en duisende het dit reeds gedoen. Meer as 500 000 tydelike werkers uit Sirië het tot Saoedi-Arabië toegang verkry, maar tans word dit moeiliker om ʼn verlenging vir so ʼn visum te kry. Die vlugtelinge kry geen finansiële hulp van dié state nie.

Amnestie Internasionaal het gesê die Golfstate behoort hul te skaam oor hul gedrag, aangesien dié lande se godsdiens en tale verwant is aan dié van die vlugtelinge.

Die regerings van dié Arabiese state voel dat die opname van vlugtelinge geen oplossing is nie, en hulle vrees dat die vlugtelinge onrus teweeg kan bring en dat opstande in hul eie lande kan ontstaan. Die regerings weier verder om mense wat lank daar werk burgerskap te gee omdat die balans tussen die inheemse bevolking en die buitelanders baie sensitief is. In Katar is net 10% van die bevolking inheems en 90% is buitelanders.

As verdediging het die Golfstate aangevoer dat hul jaarliks geld skenk aan vlugtelingorganisasies, maar die Europese lande doen dit ook. Baie van die geld wat uit die Golfstate vir vlugtelinge gaan, vloei veral na die streng konserwatiewe Islamitiese-hulporganisasies wat net op Soennie-vlugtelinge konsentreer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Adri ·

My hart bloei vir die kinders wat in haglike omstandighede nou leef.

Rooijan ·

Nou ja hier in Suid Afrika gaan Moslems een keer n jaar na Ramadaan met groot fanfare uit en “help” minder bevooregtes met kos ensomeer. Ek het nou al by meer as een geleentheid op radio programme die kwalik bedekte propaganda vir die moselms wat dan nou medelewend is en mense help. So lyk my die medelewendheid reik nie na ander moslems nie? Of is die plaaslike aktiwiteite eerder gemik daarop om nuwe rekrute vir die geloof te werf? Hier is mos nou n ideaale geleentheid vir medelewendheid en behulpsaamheid!

Fanie ·

Hulle dink nie aan medelewendheid op die oomblik. Hulle is bang hulle word dalk oorheers deur die vlugtelinge in die toekoms, en dies meer. Kan vir hulle baie probleme verskaf in die toekoms. Maar ek stem saam, dit is ‘n skande dat sekere lande net hande vou en nie help. Dit is tog immers mense.

Dave ·

Dit kan deel wees van ‘n georganiseerde plan om Europa te vermoslem.

jacques ·

Hoekom het America in die eerste plek daai lande gebom,want alles was so beplan om Europe in gahos te dompel.In Duitsland word arm gemeenskape nou uitgesit uit goverment huise om plek te maak vir vlugtelinge.Dit is so verkeerd.America is nou die een wat handjies gevou sit en lag vir hulle.Engeland,Frankryk,TurkyI,Israil,en die USA moet verandwoordelik gehou word vir hulle dade.
Hoekom moet ander Europese lande imigrante invat wat niks bomme op daai mense gegooi het nie.Die USA is besig om die hele wereld in gahos te dompel en almal is te bang om vir hulle dit te vertel.Net Putin van Rusland is al een wat nie bang is nie,hy is al Presedent nog oor in die wereld ook met regte christelikke waardes.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.