Situasie tussen Rusland en Turkye versleg

Pres. Wladimir Poetin van Rusland (2006) Foto: Kremlin.ru via Wikimedia Commons

Pres. Wladimir Poetin van Rusland (2006) Foto: Kremlin.ru via Wikimedia Commons

Pres. Barack Obama van die VSA het versoek dat die konflik tussen Rusland en Turkye diplomaties hanteer moet word, maar die Russiese pres. Wladimir Poetin blyk nie hiervoor te vinde te wees nie.

Obama het die situasie probeer ontlont deur aan te voer dat die IS die gemeenskaplike vyand is. Daarenteen voer Poetin aan Turkye is betrokke in olietransaksies met die Islamiese Staat (IS).

Poetin beweer hy het nuwe bewyse dat olie uit die IS-gebiede na Turkye vervoer word en dat dit die rede is waarom Turkye ʼn Russiese vegvliegtuig afgeskiet het. Die Russiese vegvliegtuig het glo oor die roete waar die olie vervoer word gevlieg.

Pres. Tayyip Erdogan van Turkye het aan Poetin gesê indien Rusland kan bewys dat Turkye in die geheim sake doen met die IS, hy sal terugtree as president van Turkye. Dié woordewisseling volg nadat Poetin Maandag sanksies teen Turkye ingestel het. Dis veral die invoer van Turkse vrugte en groente na Rusland wat onmiddellik die gevolge van die verbod gevoel het.

Verskeie joernaliste het glo ook onlangs inligting oor die “swart handel” van olie tussen Turkye en die IS bekom. Van die joernaliste het in Turkse tronke verdwyn en een Amerikaanse joernalis is blykbaar dood in ʼn motorongeluk nadat sy sodanige inligting bekom het.

Intussen het die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie (Navo) sy steun aan Turkye gebied en lugafweerstelsels na die land gestuur. Die VSA meen ook dat Turkye die reg het om sy lugruim te beskerm.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Trolle ·

Enige mens wat n brein het en hom evens kan gebruik, kan sien iemand was kwaad oor ISIS wat gebom word en die jets kon nie gestop word nie toe vra hulle maar vir hulp van hulle goeie bure wat staan en kyk hoe isis mense vemoor van anderkant die draad sonder om iets te doen. Darm snaaks isis is op Turkey se border maar hulle val nie Turkey aan nie.

Winston ·

Baie onbeantwoorde vrae wat in die lug hang hier. Amerika se Obama word ook betrek en beskuldig oor wapens aan die verkeerde kant. Iemand kort geld so maak n oorlog….

vermeende ·

Obama en die VSA sit en duim suig met hulle dubbele standaarde.
Ek wonder net waar hulle diplomatiese oplossings was net na 9/11
Putin is nie Obama se speelmaat nie.

Dee ·

En vir julle wat met jul handtekeningboekies agter Putin aanhardloop, maak dit glad nie saak dat Putin, net soos Zuma, vriendskapsbande het met Al-Basjir, volksmoordenaar van Soedan.

Johan 2 ·

Rusland begin lyk na die enigste land wat die weste se waansin en hepsug kan vasvat…sterkte aan Poetin en mag BRICS die bose dollar sink.

Gerhardt ·

Ek is glad nie pro-rus nie maar dit is duidelik (ook op die bbc se webblad) dat Turkye onderduims is en die IS befonds. Dit is vreemd dat IS nie eerstens Israel of Turkye teiken nie.

Rupert Ashford ·

Bloot die feit dat Turkye die hoof deurgangsroete is vir meeste “wannabe jihadis” na Sirie en Irak se klaar dat iets nie pluis is daar nie. Putin is geen engel nie maar Turkye is die vark in hierdie verhaal.

Shannon ·

Wanneer die VSA en sy bondgenote klaar is met `n midde Oosterse land heers chaos – Irak, Afganistan, Lybia. Die Russe verstaan dat indien hulle staan en toekyk hoe Sirië met die Amerikaans georkestreerde Arab Spring besprinkel word sal die hele spul waarskynlik ontplof, dus moet Bashar al-Assad opgepas word.

Interessant om te merk dat Amerika verkies om op Sunni Moslems toe te slaan eerder as Shia. Irak is vandag totaal gepolariseerd ten gunste van die Shias – voorheen was die Sunnis, sowat 45% van die land se bevolking, gelyk verteenwoordig. Die nuwe Amerikaanse drog regering in daardie land is bykans uitsluitlik Shia.
Die VSA het ook onlangs besluit om verhoudinge met die Iraniërs te verbeter – hulle is bykans 100% Shia. Bashar al-Assad se Sirië is 75% Sunni.

rissiepit ·

Hallo Shannon, ek lees wat jy skryf en ja, dit is ´n goeie punt. Nogtans is die grootste vriende van die V.S.A. in die Midde-Ooste, Saudi Arabië en hulle is Sunni. Ek verstaan ook dat die meeste geld aan die IS vloei via Saudi Arabië. Dit laat mens wonder wat se spel die V.S.A. speel. Te reg het ´n joernalis die vraag gestel, wat is die regulasies waarop die V.S.A. hul aannames maak oor watter Moslem-groepering is moderaat en watter is die groot vyand? Dit is moeilik om te verstaan wie is eintlik vyand en wie is vriend, want dit lyk asof die V.S.A. se grootste vriend eintlik ook die grootste vriend van die grootste vyand is. Dit laat mens wonder waarom die V.S.A. sy groot vriend ondersteun, want die ondersteuning land op die ou end by die groot vyand. Dit handel duidelik nie oor of die groep Shia of Sunni is nie.

Nico K ·

Ek sien die meeste mense hierbo is aan Rusland se kant. Ek aanvaar dit is omdat hulle ook soos die ANC voel dat ons heil by Sjina, Rusland, Indië en Brasilië te vinde is. Daardie lande is mos darem baie beter as Europa.

Pieter ·

Interessante kommentaar insake Amerika en Rusland. Stem saam dat Amerika die spreekwoordelike “Wolf in skaapklere” is en verantwoordelik is vir feitlik alle konflik in die wereld ten einde hul eie ekonomie te stimuleer en dit geskied onder die vaandel van sogenaamde “humanitere hulp”. Rusland is myns insiens geen bedreiging vir die wereld nie. Hul is ‘n gedissiplineerde en rustige nasie met ‘n goeie waardes wat ander ook hul plek onder die son gun terwyl Amerika met sy verwaantheid almal in die wereld wil beheer en manipuleer tot hul voordeel. Vermoed dat Rusland en die Europese Unie vorentoe meer gaan saamwerk en dat Amerika homself op ‘n eiland gaan bevind en dus poog om meer onmin te saai soos ondermeer die influks van mense uit Afrika na Europa. Die konflik in die midde ooste, wat hoofsaaklik gaan oor die swart goud (olie), het die potensiaal om die spreekwoordelike “vonk in die kruitvat” te wees wat die wereld gaan inlei na ‘n nuwe wereldorde.

Trolle ·

Rusland maak vriende en die USA soek net ondersteuners, hulle wil die baas wees.
En n verskriklike dubele agendas, hulle het ons ook in die rug gesteek. Was eers ons vriende met Angola war en skielik toe is hulle ons vyand.
Hulle het die arme Europe ook ingesleep in hulle gemors met wat hulle aanvsng orals in die wereld.
Ek dink die USA is die eintlike terorist oral waar hulle gaan bly net die terorist e agter as hulle weg gaan, even in ons land gebeur.

Bard Stoltz ·

Ek was ook al per geleentheid n paar keer in Rusland. My ervaring, dit is gawe mense, almal waarmee ek moes werk. Die ding van Rusland en ANC was verseker net n business deal, en verseker het die MK en ANC wapens nodig gehad. In ruil, moes SA seker maar kern krag kry…???. Die Russe het niemand nodig nie. Hul werk hard, en is nog met hul voete op die grond. Putin is BAIE skrander. Ek is verseker hy kyk reg deur Zuma. Neewat, ek steun ook Rusland. Rusland beskerm hul mense, nie soos Amerika wat op hul eie mense spioeneer soos die Snowden sage nie. Ongelukkig is Amerika se regering ook nie noodwendig goed vir hul mense nie, daar is ook baie goeie Amerikaners wat genoeg gehad het van Obama

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.