Sjef vermoor glo vervreemde vrou, kinders op Kersdag

milan ross ana

Anthony Milan Ross. (Foto: Maricopa County Sherriffs-kantoor via AP)

ʼn Amerikaanse vegan-sjef en motiveringspreker is Maandagaand in hegtenis geneem nadat hy glo sy vrou en twee kinders op Kersdag doodgeskiet het.

Anthony Milan Ross (45) het 90 minute voor die beweerde moorde ʼn roerende video van hom en sy 11-jarige seun op Facebook geplaas. In die video sing die twee “Santa Claus is Coming to Town”.

Ross is in Phoenix, Arizona, by sy woonstelblok in hegtenis geneem ná ʼn ses uur lange polisie-operasie wat uiteindelik op ʼn skietgeveg uitgeloop het. Ross is nie tydens die skietgeveg beseer nie. Hy staan tereg op drie aanklagte van moord asook ʼn aanklag van aanranding van ʼn polisiebeampte met die doel om ernstig te beseer.

Volgens The Daily Mail het ooggetuies aan die polisie gesê hulle het gesien hoe Ross sy vervreemde vrou, Iris Ross (38), skiet terwyl sy van hom probeer weghardloop het.

Toe hulle besorg oor Iris uitvra, het Ross glo sy wapen op hulle gerig voordat hy na sy woonstel teruggekeer het. Volgens die ooggetuies het hulle daarna twee of drie skote uit die woonstel gehoor, het die polisie gesê.

Polisiebeamptes het op Kersdag teen 16:00 op die toneel aangekom en Iris se liggaam buite die woonstelblok aangetref. Volgens hofrekords het Iris Ross in Junie vir ʼn egskeiding gedagvaar. Die twee kinders, Nigel (11) en Anora (10 maande), is dood in die woonstel aangetref. Ross woon op ʼn ander dorp en was ten tyde van die voorval in Phoenix om by die kinders te kuier vir Kersfees. Die motief vir die moorde is nie duidelik nie.

milan ross

Iris Ross, Anthony Milan Ross en Nigel Ross in gelukkiger tye. (Foto: Facebook)

Volgens Iris se suster, Mary Wogas, ly Ross aan depressie. “Ek het Maandag teen 14:52 twee teksboodskappe van Ross ontvang,” het sy aan ABC 15 gesê. “Die eerste een het gelui: ‘Ek het Iris en die kinders pas vermoor’. Die tweede een het gelui: ‘Met ʼn pistool.’ Ek het geweet die man was baie onstabiel. Hy het ʼn baie, baie donker kant gehad. Ek het net nie geweet dit is só donker nie.”

Ross is in die koswêreld algemeen as Milan bekend en het bekendheid verwerf toe hy in sy 20’s heelwat gewig verloor het toe hy ʼn vegan-dieet begin volg het.

Hy het daarna ʼn sjef geword en begin skryf en inspirerende video’s gemaak oor sy fisieke transformasie en nuwe leefstyl. Hy is ook saam met talle ander bekendes soos regisseur James Cameron en die akteur Samuel L. Jackson te sien in ʼn vollengte dokumentêr oor die vegan-leefstyl.

Ross se aanhangers het op sosiale media hul misnoeë en skok oor die ontstellende nuus uitgespreek. Sy Facebook-profiel het meer as 6 200 volgelinge bygekry sedert nuus van die tragedie begin versprei het.

Merry Christmas Everybody!

Posted by Milan Ross on Monday, December 25, 2017

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Mariné Lourens ·

Dagsê juffrou

Dankie vir jou kommentaar. Let asseblief daarop dat volgens die Afrikaanse woordelys en spelreëls (AWS) is misnoeë wel korrek gespel.

Groetnis
Mariné
nms Maroela Media

Ronel ·

MM… Net vir interessantheid, is beide spelling korrek dan?

Mariné Lourens ·

Dagsê Ronel

Nie albei spellings is korrek nie. Misnoeë is korrek (AWS, bladsy 415), terwyl ‘misnoë’ verkeerd is.

Groetnis
Mariné
nms Maroela Media

Doem ·

Maroela het verander in draers van slegte nuus, ons moet nou al tot amerikaanse moordnuus aanhoor.

juffrou ·

Wel, in dié geval spreek ek my misnoë uit omdat woorde se spellings oornag verander. Dis uiters verwarrend vir oud en jonk.

juffrou ·

Dankie MM. Ek sien misnoeë is en was nog altyd korrek. Jammer, my fout. (Sien dit word op internet baie algemeen verkeerdelik as misnoë gespel.) Dankie dat jul ons op die spoor hou.

Woordeboek ·

My Woordeboek/Wörterbuch (Deutsch-Afrikanisch/Afrikaans-Duits) van Steyn-Schulze dateer uit 1925. Toe was die spelling alreeds ‘misnoeë’. Ek hardloop maar na woordeboeke en goeie padkaarte om die regte spelling na te speur. Die internet is nie betroubaar met spelling.

Nonnie ·

Almal karring oor spelling. Hier het ‘n hartseer ding gebeur. Ek kan my nie indink hie daardie mense gevoel het van vrees voor hy hulle afgemaai het nie. Plaas het hy net homself geskiet en hulle in vrede gelos!!!

Anne De Lange ·

Baie tragies daar word te veel for spelling gebodder.

Anne De Lange ·

Baie tragies daar word te veel oor spelling gebodder. Hul was n pragtige familie. Om so drasties sy familie dood te skiet. So jammer.

andre ·

Ja…tipies..van ons ou nasie…kla oor strooi…mis die hele ou prentjie…gaan tekere oor spelling…haha…ek het seker ook iets verkeerd gespel..dit kan darem die ou simpel spul iets gee om oor te praat…kla gatte

Gerhard ·

Daar is niks fout daarmee om die mense te laat weet as daar fout is in die berig nie.

Wonder ·

Ek wonder nou – is daar elke dag mense wat berigte lees net om foute op te spoor en kommentaar en kritiek te lewer ? Mense op hul trone … en in glas huise …

Wonder ·

Goeie begrip het ‘n halwe woord nodig … glo die skrywer skryf met die beste intensies…
Wat sê hulle van mense in glas huise ?

Estelle Behr ·

As mens so na die liedjie luister, kan mens jou amper verstout om te dink hierdie ou het met voorbedagde rade hierdie liedjie gekies. You better watch out, you better not cry…. as mens so tussen die lyne kan deurlees..

Lena ·

Net soos foutlose werk van medici, bankiers, tegnici, bouers en elke ander beroep verwag word, wil lesers ook goeie taal en perfekte spelling in nuusberigte sien. Die inhoud van die berig maak wel deeglik saak vir taalversorgers, daarom word die berig in die eerste plek geskryf. Goeie taalgebruik en korrekte spelling is egter van groot belang sodat alle feite rondom die gebeure korrek en keurig oorgedra kan word. Welgedaan, Maroela.

HPV ·

Doem, gelukkig bestaan die wêreld uit meer as Suid Afrika en Zuma. Dankie vir internasionale nuus.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.