Sjokoladekoning nuwe president van Oekraïne

Petro Porosjenko Foto: cbsnews.com

Petro Porosjenko Foto: cbsnews.com

Een van die Oekraïne se rykste mense, die sjokoladekoning, Petro Porosjenko, is met ‘n volstrekte meerderheid tot nuwe president van die Oekraïne verkies.

‘n Tweede ronde verkiesings blyk dus onnodig.

Porosjenko se oorwinning is algemeen verwag.

Porosjenko het na dit duidelik geword het dat hy die nuwe staatshoof gaan wees, dadelik onderneem om as eerste taak as president na die opstandige ooste te reis aan wie hy groter outonomie beloof. Hy wil ook ‘n nuwe vredesverdrag met Rusland sluit. Pres. Wladimir Poetin het onlangs laat blyk dat hy die wil van die Oekraïners sal respekteer.

Intussen is berig dat die separatiste in Donetsk in die ooste van die land die lughawe van die stad lamgelê het.

Bronne: Trouw, The Telegraph, Christian Science Monitor

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.