Skaars boksoort se getalle neem toe

Die Saiga is ‘n erg bedreigde boksoort. (Foto: Anatoly Ustinenko / AFP)

Dit blyk dat die getalle van die erg bedreigde boksoort, die Saiga, in Kazakstan sedert 2019 meer as verdubbel het.

Die land se ministerie vir ekologie het in ’n verklaring aangedui dat die bevolking van 334 000 tot 842 000 toegeneem het.

Dít, sê die ministerie, sal ’n riem onder natuurbewaarders se hart wees wat gewaarsku het dat dié spesie op die randjie van uitsterwing staan weens massavrektes in 2015. Die vrektes is toegeskryf aan ’n neusbakterie.

Boonop is die Saiga gereeld slagoffers van stropery weens hul kenmerkende knopneuse en die gebruik van hul horings in tradisionele Chinese medisyne.

Luidens die verklaring is die bevolkingsgroei ’n aanduiding dat die maatreëls wat die land sedertdien ingestel het om die boksoort te bewaar en stropery hok te slaan, suksesvol is.

Kazakstan huisves die meeste Saiga-bokke, wat in groot troppe op die steppe van Sentraal-Asië se halfwoestyngebiede aangetref word.

Die internasionale unie vir natuurbewaring het die Saiga as een van die vyf mees bedreigde boksoorte gelys.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Anel ·

Die Sjinese kan maar net nie ander lande se diere uitlos nie. Nou wil ek net weet, hoe is dit dat die kastige medisyne wat hulle van al ons diere maak, net vir hulle werk. As dit in die lande waar die diere afkomstig is sou werk hoekom word dit nie in daardie lande ook gebruik nie?

Leon ·

Hoekom is dit die Chinese elke keer genoem word by die soort ding? Renosterhorings, leeubene, perlemoen, voor……?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.