Skaars witrenoster in Kenia gebore

Die renosterbulkalf is Vrydag gebore (Foto: Najib Balala/Twitter)

Die Meru Nasionale Park in Kenia het Maandag aangekondig dat die park ’n skaars suidelike witrenosterkalf ryker geword het.

Volgens Najib Balala, kabinetsekretaris vir toerisme en natuurlewe, is die renosterbulkalf Vrydag gebore. Hy het op Twitter met ’n foto van die kalf saam met sy ma, Makosi, gespog.

Balala sê Makosi het eers weggekruip voordat sy haar drie dae oue kalfie vir die wêreld gewys het.

Die suidelike en noordelike witrenosters is ’n bedreigde spesie wat byna uitgesterf het. Daar is slegs nog twee renosterkoeie in die wêreld oor.

Dit is die tweede witrenoster wat vanjaar in Kenia gebore is. Die Kenya Wildlife Service het verlede maand die geboorte van ’n witrenosterkalf in die Nairobi Nasionale Park aangekondig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

1 Kommentaar

jongste oudste gewildste
Carina

Ag dis darem nou ‘n stukkie goeie nuus!! Te pragtig vir woorde. Ek hoop hulle pas die outjie goed op.