Skepper van SpongeBob SquarePants oorlede

Stephen Hillenburg (Foto: JustJared)

Stephen Hillenburg, wat die gewilde kinderprogram SpongeBob SquarePants geskep het, is in die ouderdom van 57 oorlede.

Hillenburg is in sy 50’s met motorneuronsiekte gediagnoseer.

“Dis met groot hartseer dat ons die nuus moet deel dat Stephen Hillenburg oorlede is,” het Nickelodeon op Twitter gesê. “Ons deel ʼn oomblik van stilte om sy lewe en werk te vier.”

Hillenburg het sedert 1999 aan SpongeBob gewerk en die reeks duur steeds voort.

Hy het self sy diagnose in Maart 2017 bevestig. “Ek wou hê mense moet direk van my hoor dat ek met MNS gediagnoseer is,” het hy in daardie stadium gesê. “Enigiemand wat my ken weet dat ek steeds sal bly werk aan SpongeBob SquarePants en al die ander passies in my lewe so lank as wat dit vir my moontlik is. Ek en my gesin is dankbaar vir al die liefde en ondersteuning wat ons ontvang.”

Sy kollegas het hom as ʼn “perfeksionistiese werkoholis” beskryf.

Hy laat sy vrou Karen Hillenburg en hul 10-jarige seun Clay agter.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Patrick ·

RIP my dear friend. Your legend lives on in the living rooms of millions!
Best cartoon ever! God speed.

O aarde ·

Stephen, het jou nooit geken nie. Dankie vir baie episodes se lekker lag. Ons gesin geniet vir Sponskoos Blokbroek nou nog en ons al lankal almal grootmense.

Therese van Schalkwyk ·

“SponsKoos Blokbroek”!

Pragtig! Nooit besef so ‘n skitterende vertaling is gedoen nie.
SpongeBob groot gunsteling in ons huis ook.

Sophia erasmus ·

Hartseer…..my agterkleinkind nou 9 is mal oor SpongeBob SqaurePants , Patrick mr Crab ens. Voorwaar’n hartseer tydimg.

Elize ·

Hartseer want my kleindogter is verslaaf aan Sponge Bob en ken omtrent al die woorde wat die karaktertjies praat. Ek voel partykeer soos ‘n spons maar wat aanvaar maar dat sy dit geniet. Jammer dat sy talent nou weg is.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.