Skerp kritiek teen gesinsfoto

Foto: Hannah Hawkes Photography, Facebook

Foto: Hannah Hawkes Photography, Facebook

ʼn Fotograaf in Rosepine, Louisiana, ontvang baie negatiewe kommentaar oor ʼn foto van ʼn ma en twee dogters wie se monde op ʼn gesinsfoto toegeplak is met die byskrif: “Vrede op aarde”.

Hannah Hawkes het in reaksie op die kritiek gesê die foto is op versoek van die gesin gedoen – wie sy goed ken, en dit was “hoegenaamd nie die bedoeling om enigsins mishandeling goed te keur nie”.

Finally, Peace on Earth!

Posted by Hannah Hawkes Photography on Sunday, 13 December 2015

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Angelique v Jaarsveld ·

Ek hou ook glad nie daarvan nie. Mens sit nie so foto op sosiale media nie. En hoekom so n foto neem. Dink daai man het meer bedoel.

Erma ·

Ag nee wat dis vir my oulik. In ons land is soveel drama en seer n mens moet soms bietjie die humor ook probeer sien

Mandie ·

Ag wow regtig. Deesdae mag jy skaars smile dan wil jy seker iemand insluk. Jy kan nie eers mooi fotos van jou eie kinders neem as hulle onskuldig en onverwags op n snaakse manier sonder klere aan die slaap geraak het nie dan is dit pornografie. Kan ook nie jou kind disipline gee nie dan is dit mishandel. Ons sal eerder sorg vir vil tronke maar moet asb nie kinders disiplineer nie. So kan ons dan seker ook nie die algemeenste trou fotos neem waar die man en vrou kamma kwaad is vir mekaar nie want dan is daar seker weer ook een of ander geweld. Maar vrouens kan hulle self half naak in die media adverteer dan is dit oe dit is sexy of n pruvaat swanger maag oral share dan is dit ook te wonderlik. En wag as ins niks slegs kan se nie is dit vroue haters kinder mishandelaars of vir geen rede word die rasse kaart uitgepluk nie. Nee wat die land en sy mense moet dalk terugkeur na hulle Bybels en leer om nie satan in alles te soek nie. Almal moet mos n mening he en fee oor alles en die beste is daai mening moet nog negatief wees ook.

Stunning foto en nie die kinders of vrou lyk bang of angstig nie so ja eknis seker hulle word erg gemartel.

HEVW ·

Gesin met humor. Daar steek nogal n groot waarheid in as mens daaraan dink dat die Bybel se die tong is soos n klein vuurtjie wat die oorsaak van n groot vuur kan wees.Maar nouja dit bedoel nou nie net die tong van die evageslag nie. Of ervaar hierdie gesin dit dalk so?

SNEL ·

Silence is Golden, sou meer van pas gewees het. Ek kry die manne met n hele paar meisies in die huis jammer, want ons monde kan nie een oomblik ophou beweeg om nie te kekkel nie, en ons sal harder praat net om seker te maak almal verstaan mooi wat bedoel word en as ons oor iets opgewonde raak klim daai “volume” deur die dak. Miskien moes die pa en seun eerder oorpluisies ingesit het, dan sou hulle nie so baie teenkanting met die foto gekry het nie. Mense wat net n grap wil maak en dit op Facebook en Instagram en waar nog wil sit vir die wêreld om te sien moet weet mens kry mense wat nie die grap agter die foto kan sien nie, en net moeilikheid vir mens kan maak.

Karolis ·

Snel, is hier iemand wat eerliker is as jy?
Goed geantwoord……..natuurlik in goeie gees.
Ek wou ook die kekkel ene gooi maar ek is eerder bangat.

Oom Kallie ·

Dit lyk soos een reeksmoordenaar wat sy slagoffers die woud insleep. Te makaber vir my. Erger nog was die ma wat saam haar doodgebore baba vir facebook fotos poseer het. Mense is te behep met sosiale media. Sit gedurig en dink nuwe maniere uit om hulle ekshibisionisme uit te stal vir die voyeurs.

Berhalet Beukes ·

Wat is verkeerd met die foto? Inteendeel, dis presies hoe dit is. Ons monde word gesnoer, ons regte word sistematies weg geneem en dan kom kleinlike mense nog en kritiseer die bietjie vat oorbly! So word ons monde in SA gesnoer oor plaasmoorde, moord, verkragting. Ai, ons mensdom het totaal die pad byster geraak!

Abrie ·

Dit voel soos die 1ste April. Daar is seker nie regtig mense wat hulle sterte in ‘n krul kry hieroor nie. Dis seker sleg as jy niks beters het om te doen nie, en nou lewer ek nog kommentaar ook!

Maaitjie van die vrystaat ·

Ek sien dit glad nie as mishandel!! Mensig dis net n foto – lees weer OP VERSOEK VAN DIE GESIN ! Vir my het dit n heel ander betekenis as mishandel inteendeel dis baie baie skerp!

Mariki ·

Wat party mense ook nie alles sal doen vir ‘n bietjie aandag nie!!

Rietrot ·

In ñ sekere geloof is vrou niks gereken nie. Ander kan dit so sien. My kommentaar..nie julle gesanik oor alles nie.

Gertjie ·

Ons Afrikaanse taal word in SA gesnoer deur die AenC en wie het nie ‘n woord gerep nie?

Rietrot ·

Die wee van die mens is in God se hande.Boosheid is reg oor die wêreld nie net S.A. Bid is al wat ons kan doen.

Nel ·

As iemand hierdie foto aanstootlik vind, verdien hulle seker maar om alleen, en verbitterd, met 50 katte as enigste geselskap, hulle leweens uit te leef.

Danie ·

as daar n noodgeval is, word vrouens en kinders eerste gehelp en verwyder, sodat die mans rustig en in vrede aan n oplossing kan dink

tinah ·

“op versoek van die gesin” ja is n raaisel, seuntjie lyk jolig, ma en die een dogtertjie se body language lyk maar vi my weird! en hulle hande lyk? /is??? in n posisie asoffffffffffffff hulle vasgebind is? ek dink is n weird familie assssssssssssssssssssss daar dan nie fout is nie, want man lyk so n dom uitdrukking, glo nie hy kannnnnnnnnnnnn gevaarlik wees nie?

OJ ·

As iemand wat uit ‘n huwelik kom waar daar mishandeling was kan ek presies sien hoekom dit foto mense die horries gee.

“The submissive female” en die dominate man is ‘n probleem in baie kulture en vir die “feministe” ‘n groter een want die vrou moet mos dieselfde behandel word wat my heeltemal onlogies is want ons is verskillende gemaak.

Uit ondervinding uit kan ek net se iets lyk af met die foto maar dit is moontlik net ‘n grap van die familie met teveel vroumense want dit is nou maar ‘n genetiese probleem dat sommige vrouens te veel praat (dankie tog ek het ‘n seunskind).

Vir die persoon wat gese het die man lyk te dom om iets te doen, die makste hond byt die seerste. Dit is juis die stil buurman wat sy vrou agter toe deure mishandel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.