Skerp kritiek teen gesinsfoto

Foto: Hannah Hawkes Photography, Facebook

Foto: Hannah Hawkes Photography, Facebook

ʼn Fotograaf in Rosepine, Louisiana, ontvang baie negatiewe kommentaar oor ʼn foto van ʼn ma en twee dogters wie se monde op ʼn gesinsfoto toegeplak is met die byskrif: “Vrede op aarde”.

Hannah Hawkes het in reaksie op die kritiek gesê die foto is op versoek van die gesin gedoen – wie sy goed ken, en dit was “hoegenaamd nie die bedoeling om enigsins mishandeling goed te keur nie”.

Finally, Peace on Earth!

Posted by Hannah Hawkes Photography on Sunday, 13 December 2015

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

19 Kommentare

jongste oudste gewildste
Angelique v Jaarsveld

Ek hou ook glad nie daarvan nie. Mens sit nie so foto op sosiale media nie. En hoekom so n foto neem. Dink daai man het meer bedoel.

Erma

Ag nee wat dis vir my oulik. In ons land is soveel drama en seer n mens moet soms bietjie die humor ook probeer sien

Mandie

Ag wow regtig. Deesdae mag jy skaars smile dan wil jy seker iemand insluk. Jy kan nie eers mooi fotos van jou eie kinders neem as hulle onskuldig en onverwags op n snaakse manier sonder klere aan die slaap geraak het nie dan is dit pornografie. Kan ook nie jou kind disipline gee nie dan is dit mishandel. Ons sal eerder sorg vir vil tronke maar moet asb nie kinders disiplineer nie. So kan ons dan seker ook nie die algemeenste trou fotos neem waar die man en vrou kamma kwaad is vir mekaar nie want dan is daar seker… Lees meer »

HEVW

Gesin met humor. Daar steek nogal n groot waarheid in as mens daaraan dink dat die Bybel se die tong is soos n klein vuurtjie wat die oorsaak van n groot vuur kan wees.Maar nouja dit bedoel nou nie net die tong van die evageslag nie. Of ervaar hierdie gesin dit dalk so?

SNEL

Silence is Golden, sou meer van pas gewees het. Ek kry die manne met n hele paar meisies in die huis jammer, want ons monde kan nie een oomblik ophou beweeg om nie te kekkel nie, en ons sal harder praat net om seker te maak almal verstaan mooi wat bedoel word en as ons oor iets opgewonde raak klim daai “volume” deur die dak. Miskien moes die pa en seun eerder oorpluisies ingesit het, dan sou hulle nie so baie teenkanting met die foto gekry het nie. Mense wat net n grap wil maak en dit op Facebook en… Lees meer »