Skerpioen steek vrou op vliegtuig

(Foto ter illustrasie) Arizona Bark Scorpion - Centruroides sculpturatus Foto: www.scorpionworlds.com

(Foto ter illustrasie) Arizona Bark Scorpion – Centruroides sculpturatus Foto: www.scorpionworlds.com

ʼn Skerpioen het ʼn passasier Saterdag op haar hand gesteek net voordat die vliegtuig by Los Angeles in Amerika sou opstyg.

“Vlug 567 was reeds op die aanloopbaan toe die vrou gesteek is,” het Cole Cosgrove, woordvoerder van Alaska Airlines, gesê. Die vliegtuig het weer teruggedraai, maar die vrou het mediese sorg van die hand gewys. Sy het egter nie weer op die vliegtuig teruggeklim nie.

Die vlug het na die vertraging weer opgestyg op pad na Portland. Dit is nie duidelik waar die skerpioen vandaan gekom het nie, maar die vliegtuig het oorspronklik uit Mexiko opgestyg.

Bemanningslede het die skerpioen doodgemaak en die vliegtuig deursoek vir nog onwelkome passasiers.

Dit is nie duidelik watter tipe skerpioen die vrou gesteek en of dit giftig was nie.

Ongeveer 250 000 mense word jaarliks in Mexiko deur skerpioene gesteek – meer mense as in enige ander land, maar daar is slegs ʼn paar sterftes. Daar is meer as 200 verskillende spesies skerpioene in Mexiko waarvan slegs agt werklik giftig is.

Bron: The Telegraph, Oregon Live, Geo Mexico

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Frederick ·

Maak dit die skerpioen nou n lid van die “Mile-High Club”?

CR ·

Hahahahahah! Hoe lekker lag ek nou Frederick. Dankie vir daai bietjie humor. Ek het geleer as jy in die veld is dra maar “meat tenderiser” saam jou. As ‘n skerpioen jou steek, meng ‘n bietjie met water en smeer aan.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.