Skerpskutter dood ISIS-rebel oor verste afstand nóg

Foto: Pixabay

’n Kanadese skerpskutter van die Kanadese Joint Task Force 2, het ’n rebel van Isis oor ’n afstand van 3 540 meter doodgeskiet, en so ’n nuwe wêreldrekord opgestel.

Met dié ongelooflike kolskoot is ’n aanval op ’n Irakese eenheid verhoed. Die alternatief was ’n lugbombardement wat tot baie skade en burgerlike lewensverlies sou lei.

Die skutter het die skoot vanaf ’n hoë hoogte aangedurf. Oor daardie afstand moes met die ronding van die aarde, windspoed, lugweerstand en swaartekrag rekening gehou word. Die koeël het sy teiken getref byna tien sekondes ná die skoot afgetrek is.

Die skut het ’n McMillan TAC 50-geweer, ’n presisiewapen vir skerpskutters, gebruik. Met dié skoot het hy die vorige afstandrekord van ’n Brit wat ’n Taliban-rebel uitgeskakel het, met byna ’n kilometer oortref.

Kanadese beklee drie van die topvyf-afstandrekords, en geniet wêreldwyd hoë aansien.

Die vyf langste trefskote tot dusver is:

  1. Kanadese skerpskutter in Irak (2017): 3 450 meter
  2. Britse skerpskutter Craig Harrison in Afganistan (2009): 2 475 meter
  3. Kanadese skerpskutter Rob Furlong in Afganistan (2002): 2 430 meter
  4. Kanadese skerpskutter Arron Perry in Afganistan (2002): 2 310 meter
  5. Amerikaanse skerpskutter Brian Kemer in Irak (2004): 2 300 meter
Herman Toerien

Meer oor die skrywer: Herman Toerien

Herman Toerien is ‘n veelsydige vryskutskrywer van Bloemfontein. Hy het ‘n Honneurs in Politieke Wetenskap, en kwalifikasies in Politieke Wetenskap, Staatsreg, Arbeidsreg en Ekonomie. Artikels en rubrieke uit sy pen het al in meer as 20 publikasies verskyn.

Deel van: Wêreldnuus

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

89 Kommentare

John ·

Siek verby. Die Weste spog so al asof mense wilde diere is. Ons kan vergeet van ‘n einde aan hierdie oorlog… Wie op aarde is veilig?

Tom ·

John, Isis wil nie toelaat dat ons hulle druk en soen nie. Om die waarheid te sê, hulle is baie erger as wilde diere.

Quintin ·

Isis slag mense soos skape, maar jy het n probleem as hul geskiet word? Word wakker

Charlie ·

Weet jy wie en wat ISIS is? Hulle hou seker die wêreldrekord vir wreedheid!!

Hannes ·

Sekere mense leef met hulle kop in die sand soos volstruise. 10 uit 10 vir die knaap met die geweer. Hopelik kry hy die kans om nog van ISIS uit te haal

Bees ·

Godsdiens is die oorsaak van 90% van moord en oorloe. Elke ou se god is die beste en regverdig dit!

Matmiet ·

Ja nee… die isis mannetjies is so liewedierbaar en vol liefde met hulle selfmoord bommetjies en roses en butterflies

gatiep ·

Jy is reg John die ander mense sien nie raak wat jy eintlik bedoel nie.

Claud ·

Isis is nie mense nie. Well done, kort nog sulke skote! SA kort ook n paar van hulle.

Johann ·

Goed gedoen. Hulle verdien om elke dag so uitgehaal te word. Geen miltere vaardighede -net ‘n klomp lafaards wat “usefull idiots” gebruik om weerlose mense op die mees verwerplike wyses denkbaar aan te val. Gaan groot

Reti ·

Wonderlik. Nou is een weg en nie hele klomp onskuldiges nie. Deur daardie opstekers ‘uit te haal’ kan die onnodige moorde dalk beeindig word.

Grotman ·

Hey jy! Kry vir jou n ander naam want ek is GROTMAN! Laat jou woorde met myne nie verwar nie. Een minder Isis = nog baie.

Jan Grotman ·

Hei jy…mense het my al baie dinge genoem maar nog nooit “Hei” nie!
Eintlik is ek Jan Grotman. Want dit is waar my Lieflike Skotse vrou my gekry het. In ‘n grot in Sentraal Afrika waar ek basiese geologiese eksplorasie gesoen het.
Goed. Ek sal jou tegemoet kom. Jan Grotman sal ek wees.

Yster ·

Alla werêld. Dit wil gedoen word. Baie geluk ou maat. Daai ISIS ou het beslis nie op John se stoep gesit en bier drink nie. Hy was besig met onheilighede soos my Oom. Hoop jy haal nog baie ISIS manne uit .

Piet ·

Dink nie John weet wie ISIS is nie!
Knap gedaan haal hulle almal so uit!!

Namibië ·

Dink ook so Pier. Maar as iemand in vandag se wêreld nie weet wie ISIS is nie, moet die persoon wakker skrik, met alle respek gesê. ISIS is wreed verby.

Yster ·

John John. Jy is baie oningelig. Hulle is nie skaapwagters nie. Hulle maak mense dood. Ek haal my hoed af vir daai sniper. Ek het al baie gesien wat gedoen kan word. Maar die ou vat die koek. Dit is beslis nie die eerste en laaste keer wat hy n geweet teen sy skouer druk nie.

Voorlaaier ·

Voorwaar i prestasie!….Dit sit ni in elke ou se broek om i teiken 3.5km ver met i geweer raak te skiet ni…..
Jy trek di sneller en dan kan jy nog deur jou verkyker sien hoe die skoot tref!!..

Karooklong ·

In die karoo skiet ons sommer met ons Musgrave’s sulke skote. En ons sê vooraf waar ons gaan tref.
Groete vir die Kanadese

Pieter ·

Ja, ja. Wanneer julle dan by die bok kom is hy seker ook al yskoud of het die jakkalse al begin eet of wat praat ek als.

Nettie ·

Karooklong, nou loop vat jou Musgrave en doen die nodige daar by Nkandla of die Uniegebou.

Dup ·

Dankie Herman en Maroela M vir plasing van berig , veral in die lig van die tegniese besonderhede.

Jacoba ·

Dit was Daai skoot se DOEL… báie kon op pad van Koël afstand beïnvloed word…so slaap rustig skerpskutter Jy het jou werk suksesvol gedoen. Dankie ..dis moeilike werk nié enige mens is geskik. Om so ten alle tye en omstandighede geensins te twyfel aan doel.

Carel ·

‘n Joernalis vra hom of voel hy dan nie iets nie…? Hy antwoord; “Only a slight recoil”

karen123 ·

Ag nee Regtig John ? Bly jy onder n klip iewers in lala-land ? Wakker word asb. Slumberland gaan onder jou uitdryf. . . .

Renier ·

Ek stem saam Hendrik. Dit gee daardie .50 kaliber ‘n gemiddelde spoed van minder as 1200fps. Minder as 5 sekondes klink meer geloofwaardig vir daardie afstand.

Nettie ·

Flippen skerp op ‘n Maandagoggend, Sakkie – ek moes twee keer lees voor die pennie geval het!

Neels ·

Luck shot Hy sal dit nie sommer weer regkry nie Herman n .50 cal se trompsnelheid is so 853 m/sek As die afstand 3450 m is vat die projektiel 4.044 sek om die teiken te tref nie 10 sek nie Se maar net

Dinkweer'nslag ·

Ag nee man Neels, jy maak nou darem ‘n standerd vyf foutjie. Soos wat die afstand langer raak, neem die snelheid van die koeël mos af en neem dit langer. Jy kan nie die som maak teen dieselfde spoed oor die hele afstand nie….as dit moontlik was sou die koeël mos nooit ophou trek nie en sal dit nou seker al 25000km getrek het na twee dae….Sê maar net.

Pieter ·

Volgens die QuickLoads program is die tyd van vlug 9,3 sek vir die 750gr koeel wat wegspring teen 850m/s by normale druk van 101,3kPa en 25 grade C.

Elon ·

In die 10 sek het Margaret n pic geneem en Chris het al gery!

Janie Nel ·

John ISIS sny kinders en almal wat voorkom se kele af. Mooi so skerpskutter, jys ‘n held

Milli ·

Mooi so ! N man so na my hart wens hy wil bietjie hier in SA kom skerpskut

Rhona Greeff ·

Vreemd dat skerpskutters se name gepubliseer word..?

Hansie slim ·

Glo my, daar is hope wat die skerpskutter se nommer soek. Hy het baie werk!

Shane ·

Geagte meneer die Kanadees….
Ons het sterk intelligensie wat wys Zuma is deel van ISIS. Doen jou ding!

sue ·

Nog een minder wat onskuldige mense moor. Gee die soldaat n goue medalje. Vir my is dit hartseer dat mens juig dat n ander sterf. Maar dit wat jy saai sal jy maai. Wel gedaan.

John ·

?.. en ‘n boer drink ewe rustig koffie op sy stoep en hy word net daar voor sy gesin platgetrek deur ‘n skerpskutter doer ver vanaf ‘n koppie op die horison… IS is erger as verrot en ons sal diep geskok wees om te hoor wie hulle ondersteun. ‘Oorloe’ wat gewen word met atoombomme, robotte of fosfor dui op koue onbetrokke berekende selfgenoemgsame magsvergrype. Waar trek mens die streep. Hoe meer gevorderd die wapens van een groep raak, hoe meer spoor dit die opposisie aan om dit te oortref. Dit gaan nie hier oor die IS-vegter se siek hart nie, maar oor ‘n skerpskutter wat met ‘n uiters kragtige en akkurate wapen probeer om ‘n rekord te breek. Bewaar ons siele as hierdie speletjie ook in SA gewild raak. Dan hoor ons ‘n ander koor vanuit die skrywes van ons slim geledere.

Dirk Breytenbach ·

Hoe meer van hulle afgemaai kan word hoe indrukwekkender die rekord. John ek glo jy is wie jy voorgee jy is nie. Vergeet maar eers die samesweringsteoriee dit maak nie saak wie hulle finansier of ondersteun nie. Boos bly boos en wreedeheid op die skaal wat hulle dit pleeg benodig dalk ‘n atoombom. Gelukkig sal lig oor donker seevier en die wereld sal mettertyd besef wie die gemeenskaplike vyand is.

Gerhard ·

In die oorspronklikke berig ń paar dae gelede is genoem dat die projektiel “minder” as 10 sekondes getrek het voor dit getref het. Nou het dit 10 sekondes gevat voor dit tref. Dink daar het intussen typo erens ingesluip. Sê maar net!
Wel gedaan aan skut!!

Gys ·

Sou graag wou weet hoeveel skote het hy geskiet voor hy sy teiken getref het , of was dit sy eerste skoot raak. Baie geluk met sy rekord.

Jan Karsten ·

Hierdie ouens oefen nie eers nie, net een skoot is nodig. Skitterend gedoen en John weet nie wat hy van praat nie.

marlene ·

Ongelooflik! Gee hom ‘n bells. Isis moor voor die voet. Hulle is erger as duiwels. Een minder is ‘n blessing!

Steve Stephansen ·

Hiert jou Canadian, bring daai gun en net twee koeëls saam SA toe. Ons het so klein joppie vir jou hier!!!!

anton ·

Neels die spoed van n projektiel neem af sodra dit die loop verlaat en word ook onder die beste omstandighede gemeet, dus hoe verder dit beweeg hoe stadiger word dit. Dus is dit moontelik dat dit net onder die 10 sekondes kon neem om sy teiken te bereik wat steeds vrek vinnig is oor daai afstand.
Gerhard, die berig sê, ”Byna 10 sekondes”.

Frans C ·

Byna tien sekondes of te not,dit is vinniger as waarmee motors versnel,waarmee sommige ouens so graag spog.

Pieter ·

Skitterend! Absoluut skitterend! Diegene wat vir sulke terreurgroepe skerm is dieselfde tipe humanistiese en links liberale stiksieniges wat burgerlike ontwapening, die afskaffing van die doodstraf vir moordenaars en verkragters en vermoording van babas voorstaan. Nou dít is aan die wortel van al die euwels en agteruitgang rondom ons. Knap gedaan – ek wonder hoe hy sal vaar met een van Truvelo se 12.7 x 99 CMS skerpskutter gewere.

Rudie Stoltz ·

Aan die hand van die kommentaar neem ek aan dat 95% van die mense wat hier kommentaar lewer het Ja gestem. Kyk waar sit ons nou. Liberale sal nog hulle eie dood veroorsaak.

Pieter ·

Baie moeilik om by jou antwoord van 95% uit te kom want ek het baie beslis NEE gestem en is BAIE trots daarop en dink nog steeds so paar van die skerpskutter manne kan mooi dinge vir ons hier doen.

Engela de Klerk ·

BAIE trots op Kanada se soldaat, maar ek dink ons moet eintlik nie eens weet hiervan nie. Haal net ISIS uit en klaar!

Conna ·

Dit is glad nie leker om iemand tedood nie maak nie saak wat hy gedoen het nie,ek kry die skutter jammer hy gaan altyd met n skuldgevoel deur die lewe gaan maar oorlog is oorlog ,en my gevoel wat op aarde aangaan is nie (religion)nie ,dit word as n verskoning gebruik om seker mense se doelwitte teverbloem ,en dit is die seker mense wat isis ook gevorm het en dit gaan oor geld en een orde.

Willie ·

Conna, bly om te lees ‘n paar mense soek na die dieper oorsaak van konflik, as om net die hoofstroom media se propoganda te glo.

Andre ·

Ek dink John en diegene wat soos hy dink moet net weer die tweede paragraaf lees.

Lourens JvRensburg ·

Nie om snaaks te wees nie maar, was die teiken vas gebind, bedwelm, of dood? Wie sit vir só lank só stil? Of is hy ‘n selfmoord “teiken”?
Vra maar net.

Slim ·

Dalk het hy bietjie beweeg….maar in die verkeerde rigting, voor die koeël in

Jaco ·

Met hierdie een skoot word daar hopelik vele aan slagtings van onthoofdings en verkragtings gespaar.

Elke Janse van Rensburg ·

Ek gaan gekruisig word, maar net twee persone was enigsins geskok oor hierdie berig. Wel, ek voel bitter hartseer. Daardie man gaan nooit die geleentheid kry om van Jesus te hoor nie. ‘n Verlore siel gedoem tot die hel is volgens my niks om oor te spog nie!

Pieter ·

Elke, Onthou net hy veg om te sorg dat Jesus se boodskap nie by sy mense uitkom nie, enigiemand wat nie in sy allah glo nie moet doodgemaak word en die kans dat Jesus se boodskap by hom gaan uitkom is baie, baie naby aan nul.

James ·

Volgens Wikipedia is die afstand 3540m ipv 3450m soos beweer in die artikel.

Janie du Plessis ·

Dagsê James,
Dankie vir jou kommenataar. Jammer vir die oorsig, die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Janie nms. Maroela Media

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.