
Foto: Pixabay
’n Kanadese skerpskutter van die Kanadese Joint Task Force 2, het ’n rebel van Isis oor ’n afstand van 3 540 meter doodgeskiet, en so ’n nuwe wêreldrekord opgestel.
Met dié ongelooflike kolskoot is ’n aanval op ’n Irakese eenheid verhoed. Die alternatief was ’n lugbombardement wat tot baie skade en burgerlike lewensverlies sou lei.
Die skutter het die skoot vanaf ’n hoë hoogte aangedurf. Oor daardie afstand moes met die ronding van die aarde, windspoed, lugweerstand en swaartekrag rekening gehou word. Die koeël het sy teiken getref byna tien sekondes ná die skoot afgetrek is.
Die skut het ’n McMillan TAC 50-geweer, ’n presisiewapen vir skerpskutters, gebruik. Met dié skoot het hy die vorige afstandrekord van ’n Brit wat ’n Taliban-rebel uitgeskakel het, met byna ’n kilometer oortref.
Kanadese beklee drie van die topvyf-afstandrekords, en geniet wêreldwyd hoë aansien.
Die vyf langste trefskote tot dusver is:
- Kanadese skerpskutter in Irak (2017): 3 450 meter
- Britse skerpskutter Craig Harrison in Afganistan (2009): 2 475 meter
- Kanadese skerpskutter Rob Furlong in Afganistan (2002): 2 430 meter
- Kanadese skerpskutter Arron Perry in Afganistan (2002): 2 310 meter
- Amerikaanse skerpskutter Brian Kemer in Irak (2004): 2 300 meter
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
89 Kommentare
Siek verby. Die Weste spog so al asof mense wilde diere is. Ons kan vergeet van ‘n einde aan hierdie oorlog… Wie op aarde is veilig?
Goed gedoen. Hulle verdien om elke dag so uitgehaal te word. Geen miltere vaardighede -net ‘n klomp lafaards wat “usefull idiots” gebruik om weerlose mense op die mees verwerplike wyses denkbaar aan te val. Gaan groot
Wonderlik. Nou is een weg en nie hele klomp onskuldiges nie. Deur daardie opstekers ‘uit te haal’ kan die onnodige moorde dalk beeindig word.
Netjies man. Kolskoot. Of dalk “Skote Petoors”.
Knap gedaan! Ons het daai man met die ABO nodig gehad.