Skieter had ‘geestesongesteldheid’

Reese Fallon. Foto: Facebook

Die 29-jarige man wat Sondagaand op mense buite ʼn restaurant in Toronto, Kanada, losgebrand het, was geestesongesteld.

Volgens Faisal Hussain se gesin het hy sy lewe lank met geestesongesteldheid gesukkel en was psigoties en depressief.

ʼn 10-jarige meisie en 18-jarige jong vrou is ná die aanval in Greektown dood en minstens 13 mense is beseer. Hussain is tydens ʼn skietgeveg met die polisie doodgeskiet.

Die polisie probeer intussen steeds die motief vir die aanval vasstel. Hussain het saam met sy ouers in ʼn woonstelblok in Thornclifffe Park gebly. Volgens berigte is hy in Kanada gebore en kom sy ouers van Pakistan af.

Volgens bure en vriende was Hussain altyd vriendelik en het niemand onraad gemerk nie. Sy ouers het in ʼn verklaring gesê hulle het professionele hulp vir hul seun gekry, maar dit was onsuksesvol.

‘n Skermskoot uit ‘n video wys die skieter op die toneel.

“Ons het ons bes gedoen om vir hom hulp te kry vir sy stryd en pyn. Ons sou nooit kon dink dat sy lewe tot so ʼn vernietigende einde sou kom nie.” Die gesinslede het hul medelye uitgespreek met die slagoffers van die skietvoorval.

Die 18-jarige slagoffer is intussen geïdentifiseer as Reese Fallon. Sy het verlede jaar matriek behaal en sou glo onlangs begin studeer het.

Maroela Media het vroeër berig oor die skietery wat omstreeks 22:00 plaaslike tyd tussen Danforth- en Loganlaan plaasgevind het in ʼn besige woongebied waar ook baie restaurante en kafees geleë is.

ʼn Video deur ʼn ooggetuie wys hoe ʼn man in swart geklee drie skote vanaf die sypaadjie in een winkel in vuur. Ooggetuies het tussen 20 en 30 skote gehoor.

Een van die inwoners het ʼn ander video op Twitter gedeel wat skynbaar uit ʼn woonstel geneem is en waarin gehoor kan word hoe skote deur die lug klap, met sirenes in die agtergrond.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

White Rhino ·

Ek stem saam Lindie – jy is heeltemal reg.
Gelukkig is ons nie stupid nie!

marous ·

Iqra Khalid , Melanie Joly , Erin Mills en Justin Trudeau se liberalistiese M 103 Anti Islamofobie werking!

b ·

Nog n sukses verhaal vir immigrasie en die multikultuur samelewing. Iemmand gaan altyd uitvoel as hy nie dieselfde lyk, voel, dink, presteer as die meerderheid van sy samelewing nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.