Skietery in VSA eis ses

Die owerhede in Arkabutla, Mississippi. (Foto: Twitter)

Kort ná ’n noodlottige skietery op ’n universiteitskampus in Michigan in die VSA, het ’n gewapende aanvaller Vrydag ses mense in Mississippi doodgeskiet.

Die vermeende aanvaller is in hegtenis geneem en deur die Tate County-polisiekantoor as Richard Dale Crum (52) geïdentifiseer.

Die Amerikaanse polisie sê die verdagte het een persoon by ’n winkel in die dorpie Arkabutla doodgeskiet voordat hy na ’n nabygeleë huis gegaan het. Daar het hy ’n vrou doodgeskiet.

Sheriff Brad Lance het aan CNN bevestig dat die vrou later as Crum se gewese eggenoot geïdentifiseer is.

Die polisie het sy voertuig nagespoor en dit by ’n huis gekry. Nog twee mans is dood naby dié huis aangetref.

Die vyfde en sesde slagoffers, ’n man en ʼn vrou, is by ’n naburige huis doodgeskiet en is vermoedelik familie van Crum.

Crum is voorgekeer toe hy van die polisie probeer vlug het.

Mississippi se goewerneur, Tate Reeves, het op Twitter gesê dat die vermeende aanvaller vermoedelik alleen opgetree het.

Die motief vir die skietery is nog onbekend.

“Bid asseblief vir die slagoffers van hierdie tragiese geweld, asook hul families,” het Reeves versoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Jaco ·

Wat dan nou van Joe Biden en sy hoogheilige Demokrate se “defund the police”, “human rights”, “a gun free society” en “healing America”? Sulke skietvoorvalle was dan, volgens die Demokrate, eerder eie aan die tyd wat “die rassistiese Trump” en sy Republikeine in beheer was. So hoe dan nou?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.