Skietstilstand in Oekraïne aangekondig

Die president van Belarus Alexander Lukashenko, president van Rusland Wladimir Poetin, kanselier van Duitsland Angela Merkel, president van Frankryk Francois Hollande en die president van Oekraïne Petro Poroshenko op 11 Februarie 2015 Foto: President van Rusland-webwerf (eng.kremlin.ru)

Die president van Belarus Alexander Lukashenko, president van Rusland Wladimir Poetin, kanselier van Duitsland Angela Merkel, president van Frankryk Francois Hollande en die president van Oekraïne Petro Poroshenko op 11 Februarie 2015 Foto: President van Rusland-webwerf (eng.kremlin.ru)

Een van die wêreld se plofbaarste kruitvate, Oekraïne, het ’n belangrike stappie nader aan vrede gegee nadat wêreldleiers in Minsk, hoofstad van Wit-Rusland, 17 uur lank koppe gestamp het.

Die belangrikste nuus vir die wêreld is egter dat die ooreenkoms nie net die steun van die strydende partye in Oekraïne geniet nie (danksy druk van Rusland op die rebelle), maar dat Rusland, Duitsland en Frankryk saam met Oekraïne die ooreenkoms geteken het.

Hoewel die sluiting van ’n skietstilstand wat Sondagoggend middernag in werking tree, ’n belangrike deurbraak is, wys al die partye daarop dat geweldige groot werk nog voorlê voor alle kwessie opgelos sal wees. Groot struikelblokke lê nog voor. Min besonderhede is bekend oor wat die “politieke reëling” is wat met die rebelle ooreengekom is. Algemeen word aanvaar dat die Russies-sprekende gebiede in die ooste ’n mate van outonomie gaan kry.

Lees die volledige berig in Trouw.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.