Skietstilstand tussen Israel en Hamas ná drie ure van die baan

Israel - vlagVerskeie nuusmedia, waaronder die Israelse koerant Haaretz, berig dat Israel die 72-uur humanitêre skietstilstand afgelas het.

Dit volg nadat loeiende sirenes in Israel dit duidelik gemaak het dat Hamas die skietstaking geskend het deur weer vuurpyle op Israel af te vuur. Israel het met artillerievuur op die eerste lanseringsterrein gevuur, en volgens Palestynse bronne vier mense gedood.

Gevegte het hierna uitgebreek en volgens sommige berigte is tot 40 mense reeds dood.

Die 72 uur skietstilstand is deur intensiewe werk deur Egipte gefassiliteer en deur die VN aangekondig. Die hoofdoel sou wees om nooddienste in staat te stel om noodvoorrade by die Palestyne in die Gasastrook te kry. Onregstreekse vredessamesprekings sou ook in Egipte begin.
Bronne: The Telegraph, Trouw

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

VerVanRyn ·

Die jihad stop vir niemand, dis soos die sous trein in SA. Die wêreld moet begin leer uit die geskiedenis dat islamitiese ekstremiste se beloftes niks inhou nie. Israel is infadels en daar is niks beter as om infadels vir Allah dood te maak nie. Islam is ook nie die vrede-liewende geloof soos baie anti-ekstemiste beweer nie, die geskiedenis getuig van ‘n bloeddorstige geloof wat al van staanspoor af ander gelowe en volke probeer vernietig.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.