Skikking bereik oor ‘aap-selfie’

Die bekende ‘aap-selfie'(Foto: www.peta.org)

Ná ʼn twee jaar lange hofsaak om Naruto, ʼn Makaak-aap wat ʼn selfie geneem het, kopiereg van dié foto te gee, is die saak uiteindelik afgehandel.

Naruto se saak het wêreldwyd gesprekke aan die gang gesit oor diereregte in ʼn poging om die fundamentele regte van diere uit te brei.

Peta, die Amerikaanse organisasie wat hom beywer vir die etiese behandeling van diere, het Dinsdag in ʼn verklaring gesê die fotograaf David Slater, met wie se kamera die selfie geneem is, sowel as sy onderneming Wildlife Personalities en die aanlynplatform Blurb het tot ʼn skikking gekom oor die “aap-selfie”.

“As deel van die ooreenkoms het Slater ingestem om 25% van alle verdere inkomste afkomstig van die verkoop van dié selfie te skenk aan liefdadigheidsorganisasies wat die habitat van Naruto en ander Makaak-ape in Indonesië beskerm.

“Peta en Slater stem saam dat dié saak belangrike kwessies oor die regte van diere opper. Dit is ʼn saak wat hulle albei ondersteun en waarvoor hulle hul albei sal beywer,” lui die verklaring.

Peta sê dat Naruto en die kwessie van die selfie duidelik wys dat dié ape – soos baie ander diere –hoogs intelligent, denkend en gesofistikeerd is en dat hulle geregtig daarop is om wettige eienaarskap op hulle eie intellektuele eiendom te hê, sowel as om ander regte te hê as lede van die regsgemeenskap.

“Ons sal aanhou veg vir diereregte. Almal verdien om die regte te besit wat vir ons so belangrik is; om te lewe soos hulle wil, om saam met hulle families te wees, om vry te wees van mishandeling en lyding en om voordeel te trek uit hul eie skeppings,” aldus die Peta-verklaring.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

amvi ·

Dit is dierbaar en goenoeg om ‘n lekker knop in die keel te kry. Dit is so waar, diere is baie meer intelligent as wat mense besef. En hulle onderfind ook maar dieselfde emosies as mense.

TESS ·

En om te dink ek kry nie eers werk met die selfie wat ek met soveel sorg geneem het nie

Eish ·

Ek is n groot diereliefhebber, maar hierdie grens aan die absurde. Ek is van mening dat die DBV nog die heeltyd uitstekende werk gedoen het. Dit is nou liberalisme, onverdund en in oorvloed vermors. Ons sal nou seker maar donasies moet stort wanneer ons enigiets wat leef in die wildtuin wil fotografeer. Wonder net of hul die aap gaan dagvaar wanneer Hy iemand met daardie stewige paar voortande gaan beetkry.

Giel ·

Really? Indien dit waar is het ek nou sopas alle respek vir Peta verloor. Ek glo dat diere goed behandel moet word maar hierdie vat dit nou regtig te ver. As ek in die wildtuin ‘n ongelooflike foto van ‘n leeu neem moet ek alle inkomste daaruit aan die leeu en sy familie betaal? Wat van as ek ‘n pragtige foto van ‘n boom neem?

Cherokee ·

Van ‘n boom? Jou bydraes aan die botaniese tuine sal heel van pas wees.

Adam ·

Giel die woord “selfie”impliseer dat die foto nie deur ‘n derde party geneem is nie., so jy hoef nie te bekommerd te wees oor die boom se “regte” nie. Wat wel waar is is dat hier ‘n enorme besigheidsgeleentheid vir lediges geskep is. Jy kan dus nou die wildtuin besoek, met die diere onderhandel om as hul agent teen ‘n fooi op te tree, die kontrak teken en vir hulle ‘n kamera skenk waarmee hulle hulself kan fotografeer.

Luke ·

Ooo dis so oulik. Diere is so slim…. Die hele storie is baie eenvoudig en kan in een woord opgesom word. Geld!!!!!!!!!! Dis waaroor dit gaan. Hoeveel geld is nie spandeer aan regs onkostes nie?

Riana ·

Belaglik om te redeneer die aap was intelligent genoeg om te weet hy neem ‘n foto van homself wat in die media beskikbaar sal wees vir verspreiding. Hy was van nature nuuskierig en dis net toevallig dat hy die regte knop gedruk het sonder om die kamera te breek

Francois ·

Net nog ‘n teken dat die Westerse beskawing besig is om homself te verwoes soos in ‘n ander artikel op MR berig is. Mense en organisasies is so behep met regte dat hulle oordryf in die oorteffende trap van vergelyking. Die hele saak is so belaglig dat mens dit eintlik as a grap wil afmaak, maar dan besef mens dat PETA ernstig is daaroor. Wat is volgende…..vee en pluimvee mag nie meer geslag word vir mensliklike kos inname nie want hulle het ‘n reg om in vrede met hulle families saam te leef. Absoluut absurd!!!!!

Ouvrou ·

As hue enigsins ape geken het sou hulle geweet het daai gryns is van lekkerkry omdat hy die kamera ondersoek vir n eetding. Ek betwyfel al meer die mens se intelligensie.

Johann ·

What is next ? We are our own biggest enemy when we start to reason the way PETA and their
likes are reasoning.
Money is the key here… in more ways than one…..
Must a make an Elephant sign a disclosure before a take and post a photo of him…..
Should I compensate the family of a cow after I have slaughtered it for consumption ????
Should I pay four the trauma counselling of the herd ????
I bow my head in shame, as this is the beginning of the end for man kind !

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.