Skip sink met Bentleys, Porsches, Lamborghini’s

Die Felicity Ace (Foto: Twitter)

’n Vragskip wat verlede maand in die Atlantiese Oseaan aan die brand geslaan het terwyl dit sowat 4 000 luukse motors, waaronder Porsches, Bentleys en Lamborghini’s, vervoer het, het Dinsdag gesink ondanks pogings om dit na veiligheid te sleep.

Die Felicity Ace het omstreeks 09:00 plaaslike tyd 220 seemyl van die kus van Portugal se Azore-eilande gesink nadat dit herhaaldelik deur golwe getref is en 45 grade na sy stuurboordkant geleun het.

Pat Adamson, ’n woordvoerder van die skip se operateur MOL Ship Management, het die nuus aan Bloomberg bevestig.

Die vragskip was van die Emden-hawe in Duitsland op pad na die Amerikaanse deelstaat Rhode Island toe ’n brand op 16 Februarie aan boord die skip uitgebreek het.

Die brand het glo meer as ’n week lank gewoed nadat die bemanning van die skip na veiligheid gebring is en dit aan die see se genade oorgelaat is.

Die skip word sedertdien vir moontlike olielekke gemonitor.

Ongeveer $438 miljoen (sowat R6,7 miljard) se goedere was ten tye van die brand aan boord die skip, waarvan $401 miljoen (sowat R6,1 miljard) motors was.

Volkswagen wou nie Dinsdag kommentaar lewer nadat dit bekend geword het dat die skip gesink het nie. Die Duitse motorvervaardiger het gevrees dat sy motors op die vaartuig nie gered sou kon word nie en die betrokke motorhandelaars het toe reeds hul klante in kennis gestel dat die motors waarskynlik nie afgelewer sou word nie.

Die motorvervaardiger het verlede week gesê die versekering sal die skade aan die motors dek.

Dit word geraam dat die voorval die motorvervaardiger minstens $155 miljoen gaan kos.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Louise ·

En daar gaan my Bentley ook, so ek moet maar nou tevrede wees met my ou Stoffel (Duster), haha

Stephen ·

These car manufacturers score the biggest cash sale in their existence.

Grassie ·

Ai toggie. Kon daar nie maar net een Porsche na my kant toe gedryf het nie.

Grassie ·

Nee wat Martie, daar sal nie olie lek nie. Daar was nie Landrovers op die skip nie.

Ou Baardbek ·

Grassie, dit is hoekom al my Landies ‘n spesiale bakvormige plaat onderaan die voertuig vasgebout het!! Ek wil nie oliekolle oral in die veld kry nie!! :-)) :-)) My oudste een is nou 46 jaar oud en word elke dag gebruik.

Marius ·

Dit gaan binnekort een van die duurste koraal riwwe ter wêreld wees…

Vexed ·

Well solank die bemaning gered is soos genoem, is alles reg. ‘n Kar is ‘n Kar.

Pieter ·

Porsche het nou net aangekondig dat hulle eerste besending van die nuwe amfibiese kar beskikbaar is vir die publiek. Jy moet hom net gaan haal so 220 seemyl van die Azore Eilande af, en so 2000 meters ondertoe. Bentley se onderwater model is ook beskikbaar.

SjN ·

Nou moet ek seker nog n jaar wag vir my Bentley wat op die skip was!!

Andre ·

Sal iemand tog so gaaf wees om die koordinate te deel? – vra vir n vriend.

JohanR ·

Die visse sal nou darem in Constantia kan bly. Ek sou my huis maak in die kattebak van ‘n Porche Cayenne!

Josua ·

Alles gebeur met n doel, oorlog in Ukraine, skip met geweldige duur karre asook die skip vernietig, oorstromings in Australie en almal dink dis per toeval wel ek het nuus die is n duidelike boodskap van BO en dit gaan erger word. Al gewonder wie is die eienaar/s van die skip asook die eienaars van die fabrieke waarby die voertuie vervaardig word, Covid 19 is die sleutel tot alle deure, ons Vader slaap nie alhoewel ons mensdom so dink, ons kan net bly wees Sy waarskuwings is ligtelik op die stadium, WORD WAKKER MENSE EN SIEN WAT OM JULLE GEBEUR TYD RAAK MIN!!!!!

Dirk Mostert ·

Daar was nie dalk ‘n kar met ‘n lithium-battery onder die vrag nie? Sulke batterye het al ontplof en karre laat uitbrand.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.