Skip skeur in twee aan Japanse kus

Die Panama-skip Crimson Polaris het skipbreuk gely in Hachinoge, Aomori in Japan – foto van Jiji Press van Japan se Tweede Streekskuswag-hoofkantoor (12 Augustus 2021) (Foto: Handout/various sources/AFP)

ʼn Vragskip het skipbreuk gely en in twee geskeur in die noorde van Japan, het die kuswag Donderdag gesê.

Bemanningslede van die Panama-vaartuig is na veiligheid geneem. Lugfoto’s wys hoe die Crimson Polaris in twee geskeur het.

ʼn Brandstoflek uit die skip het sowat 24 km ver versprei, het ʼn woordvoerder van die kuswag aan AFP gesê, maar die omvang van die omgewingskade is nog nie bekend nie.

“Crimson Polaris het in Hachinohe-hawe in Aomori skipbreuk gely,” het die woordvoerder op voorwaarde van anonimiteit gesê. “Al 21 bemanningslede – van China en die Filippyne, is veilig.”

Drie patrolliebote en drie vliegtuie is Woensdag na die toneel ontbied.

Owerhede probeer om die olielek te beperk, maar kon nog nie ʼn olieheining om die boot oprig nie. Die patrolliebote sal deurnag op die toneel bly.

Geen ander vaartuig was in die voorval betrokke nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Frank ·

Nou sit ek so by myself en dink: hoe ly ‘n skip skipbreuk terwyl hy in ‘n hawe is?

Gerhard ·

As ek kyk na hoe die skip “gebreek” het, lyk dit soos n kraak wat on die romp was en oor n lang tyd net so erg geraak het dit die romp skeur. Iets wat voorkom kon word. Dis wel net n opinie soos gesien vanaf foto. Hoop MM doen n opvolg berig.

Cherokee ·

Sjoe..!! Hièrdie geval was nie skipbreuk maar skipbreek!!
Ek kyk daagliks na skepe en die duisende tonne wat vragskepe dra. Dit is masiewe kragtige kolosse. Maar die krag van die natuur breek dit soos ‘n vuurhoutjie. Dan besef ons opnuut hoe klein die mens is. En sien weer ‘n voorbeeld van die krag in God se skepping.

Sêmanet ·

Dis nou wraggies letterlik en figuurlik. Dit klink eerder na iets uit ‘n strokiesprent. Fisies in twee dele. Ongelooflik.

Samuel ·

Hoe kan ‘n skip skipbreuk ly? Mense kan. En wat van ‘n Panamese vragskip?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.