Skok oor kindermishandelingvideo

'n Skermskoot uit die video.

‘n Skermskoot uit die video.

ʼn Video waarin gesien word hoe ʼn vrou ʼn klein baba herhaaldelik hard deur die gesig slaan, het wyd opslae op sosiale media gewek.

Die video, wat glo reeds in Augustus geneem is, word die afgelope paar weke wyd op sosiale media gedeel en deur sommige gebruikers voorgehou as ʼn voorval wat in Suid-Afrika plaasgevind het. Die werklike oorsprong van die video het egter eers onlangs aan die lig gekom.

Volgens verskeie internasionale nuusagentskappe het die voorval in Almaty in Kazakstan plaasgevind. The Mirror berig die vrou in die video, Aygul Kozhabaevna, is later in Oezbekistan in hegtenis geneem.

Volgens berigte het die vrou aan polisiebeamptes erken dat sy haar baba herhaaldelik geklap het omdat die kind nie wou ophou huil nie. Sy was nie bewus daarvan dat haar vriendin se agtjarige dogter die voorval afgeneem het nie. In die video wat 58 sekondes lank duur, kan gesien word hoe die vrou die baba 42 keer klap elke keer dat hy begin huil.

Die vrou staar nou aanklagte van kindermishandeling en die onwettige oorsteek van die grens tussen Kazakstan en Oezbekistan in die gesig.

Suid-Afrika voer tans sy bekende veldtog, 16 dae van aktivisme teen geweld teenoor vroue en kinders, wat vanjaar van 25 November tot 10 Desember plaasvind. Die veldtog het ten doel om bewusmaking te skep van die omvang van vroue- en kindermishandeling en slagoffers en die publiek as geheel in te lig oor waar om aan te klop vir hulp.

Die video is uiters ontstellend en nie geskik vir kinders of sensitiewe lesers nie. Kyk dit hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

griet ·

nee, ek gaan nie kyk nie, huil sommer as ek net daaraan dink. Mense, moet asb nie dat iemand anders jou kind grootmaak nie. Ander het geen ware liefde vir jou kinders nie. My kinders was in ‘n ‘goeie’ skooltjie, maar ek vertrou almal ook net sover ek hulle kan sien – daar was kameras in die klasse. My kinders vertel my nou hoe hulle soms emosioneel seergemaak is – ek dink hulle sal oor dit kom. Ek glo nie dis reg om tuis te bly en self kinders groot te maak nie – kinders het akademiese en sosiale agterstande plus baie mammas ontaard self in monsters agv die druk en eensaamheid. Beste is dus ‘n skooltjie met kameras, en baie ouerliefde saans, maar onder geen omstandighede ‘n ‘nanny’ nie.

clark ·

goeie keuse om nie te kyk nie. ek het dit gesien en dae lank dit in my kop gesien gebeur oor en oor……… baie onstelend. Kan nie dink dat enige persoon so klein baba so kan hanteer nie

Jean ·

Sluit haar toe en gooi die sleutel weg. Ek is al so keelvol daarvoor dat SUID AFRIKA altyd as die land voorgehou word waarin die goed gebeur. Dit gaan baie erg ook in ander lande. Roei geweld teen kinders en vroue totaal uit, nie net in SA nie, maar ook in alle ander lande, ook die midde-ooste waar vroue geen stem het nie.

AMAZING ·

ek ook gewonder of die baba dit oorleef, huil raak maar swak hier nader aan die end van die video

Cacophony ·

En hoe lekker het mense nie op facebook geskryf dat hulle moeg is vir SA se onvermoë om op te tree teen die “ander” in die land wat wit mense so aanrand en nou kom die waarheid uit dat die vrou nie eens Suid Afrikaner is nie. Wag sy is nie eers vd kontinent nie!!!

eke ·

Eks so kwaad dat ek alle grense van ordentlikheid oorskry!! As ek haar nou in die hande kry sal ek ook toegesluit word!!!!!!!

Sandra ·

Die DAME weet hoe om n kind te verwek maak weet blykbaar nie hoe om die kind groot te maak nie. Drink asb die voorbehoedpil want jy is nie n ma se agter-ent nie

Lance ·

Kon maar netsowel in SA gewees het as mens na die statistiek kyk

Anesta ·

Dit was ‘n agtjarige dogtertjie wat die video geneem het….

Johann ·

Dis mense eerste reaksie Alicia, die berig lees egter dis die agt jarige dogter van n vriendin wat die video geneem het. ek haal my hoed af vir haar, dis vanwee haar inisiatief dat hierdie krimineel nou vervolg word.

j ·

Haai Alicia? Wil jy nie maar weer die berig gaan lees nie? Lees eers en se dan jou se hoor.

vanessa frylinck ·

Alicia, het jy nou nie mooi gelees nie? En het daai persoon dan nie die video laat uitkom nie? Ek dink jy spring en gryp nou aan stompies hierso…

Sarel Strydom ·

1)Die kern is dat, soos ek dit verstaan,somige die video versrei het as sou dit in Suid-Afrika gebeur het.
2) Ek sal wil weet hoe suksesvol hierdie veldtog elke jaar is en of dit net deur Politici gebruik word vir eie gewin. Misdaad teen vrouns en kinders neem steeds toe maar strawwe is pateties. Wat my aan betref het die regering beslis nie hulle erns met die misdaad bewys nie.

Jade ·

Sarel nou slaan jy die spyker op die kop. Ek onthou toe ek in die Polisiekantoor was vir iets en ek lees een van die plakate so oor DV een van die punte is moenie iets doen wat gaan veroorsaak dat jy geslaan word nie (my woorde), moenie jou aggressor kwaad maak nie.

Ek kon net my kop skud. Glo my uit ondervinding uit weet ek selfs sous in pasta wat te warm is kan ‘n situasie veroorsaak wat maak dat jy iets aangedoen word. Dit is maklik om ‘n inisiatief in die media te sit maar in werklikheid beteken dit niks. Vrouens, kinders en mans wat mishandel word by die huis het baie min toevlugte as die polisie jou vra wat het jy gedoen?

Dit beteken niks nie, DV is ‘n globale probleem wat verhoog omdat die aggressors weet hulle kom skotvry af of kry weer hul kinders terug, hulle skrik nie vir ‘n beskermingsbevel nie en op die ou end is jyself verantwoordelik vir jou eie veiligheid.

Ons welsyn geen kinders vir mishandelaars en dis wereldwyd want ek is betrokke by verskeie “anti-abuse” veldtogte. “Social Services” in die US, UK en Aus het van die hoogste pedofiele ringe in die kringe met top mense betrokke en gee kinders terug vir die persoon wat hulle verkrag, mishandel en vermoor.

Denise ·

Nee hel dit is net te ERG ek hoop net hulle hou die baba ver weg van die MONSTER ma iemand moet haar so KLAP !!!! So bly die kind het dit afgeneem !!!!

WW ·

Arme klein kindjie. Ek sal nooit verstaan dat enigiemand so iets kan/wil doen nie – enigste verklaring is dat die “ding” geestelik versteurd is. Hoop van harte die baba is nou veilig en het geen blywende skade nie. Baie hartseer.

skaamloos ·

as die vrou wil kind wil he moet net geduld bly as baba huil moet weet iets fout maar moet nie frusteerde word nie waaarom doen die vrou so siek van haar.gaan trunk toe.

Koos1 ·

Dit is baie erg, en hoop die ma kry wat haar toekom en die baba het ‘n goeie lang lewe.
Nou terug by ons as Suid Afrikaaners. Ons het blykbaar die vermoeë om te lees verloor. In die 17 kommentare hierbo moes twee kommentators uitgewys word, wat duidelik in die berig staan. Ek staan verstom. Dan my tweede grootste hekel is Sosiale Media. Soos ek kon aflei is die video op sosiale media versprei en as die waarheid in SA afgemaak! Het dit so maklik geword dat gebruikers enige iets sal glo sonder om enige navorsing te doen? So as sosiale media ‘n video van kersvarder op sy sleë plaas, sal die mense dit ook net so glo?
Cacophony ek deel jou sentiment hieroor!

Piet Pompies ·

Familie lid was in die Kinder beskermings eenheid, sy kom een middag in trane by ons huis aan.
Gedurende 1994, Vanderbijlpark, jong paartjie, man werk vir bekende fabriek. Huur huis se tuin is verwaardeloos, lang gras, geen motor of motorfiets, geen meubels, twee matrasse, een in ouers se kamer ander in kinders se kamer, dit ruik na urine, slegte kos, honde mis. Kombuis is vuil met oorblyfsels van kos, rou en gaar. Twee laerskool kinders, seun dogter, hulle sorg vir mekaar, geen skoon klere, teef hond slaap met haar werpsel kleintjies op een hoop kinder klere. Die kinders gaan nie skool, geen familie naby. Die ouers is gedrink, gebruik dagga, die kinders is ootrek van blou kolle en ondervoed.
Daardie aand word die kinders by die ouers weg geneem en onder pleeg sorg geplaas.

vanessa frylinck ·

Dank Vader, ek le al elke aand en dink aan daardie baba vandat ek ‘n week terug die video op facebook gesien het. Dis so gemeen. ek kan nie glo enige ma of selfs mens kan dit doen nie.

Theresa ·

Die berig sê die baba is ernstig beseer – het die kindjie herstel – dit het maande terug gebeur as ek reg lees? Is die vieslike, kindermishandelaar toegesluit – wat was die uiteindelike straf vir hierdie monster?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.